advertisement
Question
Posted by: susan dednam | 2002/12/14

dis-funksie in lewer

My man is 'n diabeet. Het hoe colestrol gehad. Toe het ons gehoor van die die operasie wat alles kan herstel. Hy het ook 135kg geweeg.
Hy het baie gewig verloor. Sy suiker is normaal (eintlik nou baie laag). Hy het nie hoë colestrol nie, maar nou het hy 'n dis-funksie in sy lewer. Hy weeg nou na 1 1/2 jaar 72kg. Hy is partydae so deurmekaar dat hy nie weet waar hy is nie. Hy sê hy is heeltemal dronk in sy kop. Sy tong sleep en praat deurmekaar. Is van balans af. Wat kan ek doen om hom te help? Hy drink alreeds elke dag essentiale vir sy lewer asook magnesium in die aand. Maar hy het nie meer 'n normale lewe nie. As hy bv 'n dag vêr gery het en hard gewerk het (Hy doen inspeksie werk vir Eskom) hy loop baie, dan is hy dood moeg. Hy slaap dan vir 'n hele dag en nag, maar vat so baie lank om weer te kan herstel. Soos bv. vanoggend: Hy is so deurmekaar, van balans af, sy tong sleep en is baie slaperig? Wie kan ons help ek is nou al so moedeloos asb?

Dankie


Susan Dednam

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Susan, dit klink asof die beste sal wees om die operasie om te keer as dit nog moontlik is. Julle sal weer die chirurg moet gaan sien en hom vra of dit moontlik is. Indien dit nie moontlik is nie sal hy julle hopelik kan help met die lewer probleem. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement