advertisement
Question
Posted by: Nic.......... | 2005/12/04

Diet

Hallo,ek is n 33jarige ma van 3 kinders,wat ongeveer 10Kg moet verloor,maar het al baie geld in die water gegooi met Quick Fixes wat byna nooit werk nie!!Ek het n spastiese kolon m d gevolg ek is winderig en dit wys ook op die skaal!Ek kan regtig nie hou by n dieet nie want ek raak skoon depresief as ek dieet hoor!Ek probeer regtig minder eet en peusel, maar hou nie van ontbyt nie want ontbyt pappe ens is vervelig en ek gedruk vir tyd soggensis tuis bly ma,en gewoonlik is van 3uur tot aandete my krisis tyd en jare gelede het n dokter aanbeveel agv lae bloedsuiker moet ek voor slaap tyd iets lig eet, en alhoewel ek steeds lae bloedsuiker het voel ek dit is vir my soos n ritueel om vir my iets te neem voor slaap tyd!Dit dink ek dra by tot my probleem,ek drink my 8-10glase water daagliks,sny vrugtesap uit, eet ne meer soetgoed saam die kids nie,maar verloor niks!!!Bly opgeblaas en vet!! O ja,en ek ry tuis met oefenfiets elke dag tussen 7 en 12km<wat doen ek verkeerd?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Nic
Een van die probleme wat moontlik 'n rol kan speel as jy net nie gewig kan verloor nie, is insulien weerstand. Dit kan alleenlik deur 'n mediese dr bepaal word, dus sal ek aanraai dat jy jou huisarts spreek en toetse laat doen om vas te stel of jy wel aan insulienweerstand ly, al dan nie. As jy wel aan hierdie toestand ly sal jy 'n kliniese dieetkundige moet spreek sodat sy/hy 'n dieet vir jou kan uitwerk - die dieet is een van die vernaamste dele van die behandeling - (kyk na die Lys Dieetkundiges op hierdie Webwerf of skakel 082-593-0276, of stuur ‘n e-pos aan sscharf@nhcltd.com of kyk in jou plaaslike telefoongids of Geel Bladsye om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal ook jou spastiese kolon en lae bloedsuiker en die gepaardgaande probleme in ag neem as sy vir jou 'n verslankingsdieet uitwerk. Water is goed vir 'n mens, maar 8 tot 10 glase is te veel. Beperk jou inname tot 2 liter per dag aangesien oormatige water inname baie van die belangrike minerale soos kalsium, kalium, magnesium en natrium uit die liggaam spoel en elektrolietwanbalanse kan veroorsaak.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement