advertisement
Question
Posted by: landie | 2008/10/24

dieet terwyl swanger

ek wil asseblief weet wat ek kan doen om dalk gewig te verloor terwyl ek swanger is. maar nog steeds gesond is. kan jy 2 % melk gebruik of liewers volroom en is die lae gi eetplan reg vir swanger vroue?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Landie
Baie geluk met jou swangerskap. Dit is teoreties moontlik om wel gewig te verloor tydens swangerskap, maar jy moet dit asb onder die toesig van 'n dieetkundige doen omdat so 'n dieet steeds al die voedingstowwe moet bevat wat jy en die baba nodig het. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal jou help met 'n individuele dieetvoorskrif wat ontwerp is vir jou spesiale behoeftes, sodat jy gewigsbeheer kan bereik, maar nie jou baba benadeel nie. Mens kan selfs vetvrye melk gebruik tydens swangerskap en die lae-GI eetplan kan deur enige persoon gebruik word, maar sien asb 'n dieetkundige.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement