advertisement
Question
Posted by: Babe | 2002/12/19

Dieet Navraag

Liewe Dok.

Sedert my galblaas op 18 verwyder is, het ek heelwat gesondheidsprobleme.Ek het 'n maagseer, en 'n spastiese kolon.Ek het ook 35kg opgetel terwyl ek steeds my normale dieet volgehou het.(Ek het 3 maande na die operasie Triphasel begin gebruik, miskien is dit deel v.d oorsaak? Ek gebruik die pil al vir 5 jaar.) Ek het 'n baie goeie dieet gekry wat ek oorweeg om te volg, maar ek weet nie hoe dit my gesondheid sal beinvloed nie.Die dieet is 'n lae koolhidraat, hoe protein dieet.
Wat is die voor en nadele van so 'n dieet, en sal dit 'n invloed op my he, omdat ek nie meer 'n galblaas het nie?

Baie Dankie Byvoorbaat.

(PS: Geseende Kersfees & Voorspoed vir die Nuwe Jaar!!!)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Babe
Dankie vir die goeie wense en dieselfde vir jou. Die maagseer en spastiese kolon hou nie verband met die verwydering van jou galblaas nie. Ek dink dat die gewig wat jy opgetel het, moontlik a.g.v. die pil is. Hormoon-behandeling kan wel gewigsverlies veroorsaak. Bespreek dit met jou dr want hy/sy kan moontlik die pil aanpas of verander of jy kan 'n ander soort voorbehoeding gebruik. Ek is nie ten gunste van hierdie hoe-proeiendiete nie. Dit kan allerhande negatiewe gevolge he, soos bv nierversaking, koma en selfs sterftes. Dit is ook hoog in cholesterol en vet (dus sleg vir jou galblaas), en bevat amper geen vesel nie (dus sleg vir jou kolonprobleem). Kliek op 'Diet' en 'Weight Loss' en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld van 'n lae-vet, hoe-veseldieet. Gebruik liewer so 'n dieet, wat baie beter vir jou kolon- en galblaasprobleme gaan wees, saam met gereelde oefening om daardie gewig te verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement