advertisement
Question
Posted by: JA | 2008/01/21

Dieet

Hi, Ek is 55 jaar oud. Ek be-oefen hardloop sowal as resies fietsry en is redelik fiks. My gewig is heeltemal binne perke en ek is gesond. Tog, alhoewel ek my ontbyt graan eet, genoeg vrugte en groente eet, bruin brood en genoeg water (tee) ens, is my stoelgang nie gereeld nie en ook effe hard. Dit veroorsaak alewige ongemak en vol gevoel. Het eers twee kapsules appelasyn geneem elke oggend maar dit nou vermeerder na 3 om te kyk of dit help. Drink ook soms Senakot (weet nie van spelling), maar nie met groot sukses. Is daar enigiets wat ek op gereelde basis kan neem en vrylik beskikbaar is om my te help met my probleem? Kan probleem dalk vererger word deur oormaat spanning?
Sal raad of hulp waardeer

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste JA
Stres kan beslis hardlywigheid bevorder, maar aangesien jy so baie oefen wat stres teenwerk, is dit vir my snaaks dat jy wel hardlywig is. Dit is moontlik dat beperking van vet in jou dieet jou hardlywig maak. Mens het 'n klein bietjie olie of vet in die dieet nodig om die inhoud van die derm te smeer. Ek sal aanraai dat jy 'n nie-gevaarlike lakseermiddel soos Fybogel gebruik om jou gereeld te hou liewer as senokot. Neem ook probiotika, soos 'Bifidoforte' of Bifidoflora' (koop by gesondheidswinkel) om die goeie organismes in jou derm te versterk wat dikwels hardlywigheid genees. Kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'DietDoc's Articles' en lees Artikels 123 en 124 oor gesonde kolonpraktyke.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Kasandra | 2008/01/21

Ek sukkel ook as gevolg van spanning vind prune juice koop by picknpay in die sap afdeling help en dit is natuurlik

Reply to Kasandra

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement