advertisement
Question
Posted by: Raadop | 2007/02/22

Die pil

Hallo dokter
Ek is sedert Junie 2004 op die pil vir endemetriose na 'n operasie, drink dit vir drie maande (dis omtrent wanneer ek begin spot) en menstrueer dan. Ek was nog altyd 'n persoon wat maklik stres oor klein goedjies maar dit het nooit my lewe oorheers nie. Julie verlede jaar het ek skielik 'n trigger event gehad en toe 'n fobie oor HIV ontwikkel en vreeslik depressief geraak, dit het later ook in 'n kiem fobie ontaard. Op die stadium is die kiem beheptheid groter as die HIV fobie. Ek voel asof ekt sedert ek die pil begin gebruik het geleidelik meer en meer paranoies begin raak het en nog meer geneigd tot depresiewe gedagtes. Is dit moontlik dat dit die pil (Nordette) kan wees? Het gelees dat die pil jou serotonin vlakke kan verlaag en dan kan 'n trigger event jou oor die edge sit, maar nie die naam van die pil genoem gekry nie. My boyfriend se ek het sedert ek die pil begin gebruik het baie verander, ek wou hom die eerste jaar of twee nie glo nie, want daar was ander faktore met rusies met die 'skoonfamilie' wat my negatief teenoor hom ingestel het, maar die afgelope jaar is daar geen probleme met die skoonfamilie nie.

Tweede ding ek het nou besluit om die pil te los vir 'n toetstydperk om te sien of my angstigheid minder raak. Ek het gemenstrueer en opgehou (6dae) en nou weer omtrent 'n week later nou begin ek weer menstrueer. 'n Vriendin het gese sy het dieselfde oorgekom elke twee weke gemenstrueer na sy Nordette gelos het en sy moes eers op 'n ander pil gaan met 'n hoeer estrogeen vlak om weer haar siklus reg te ruk. Is dit waar of moet ek maar vasbyt en hoop my siklus kom self reg? Ek sien nie kans om op 'n sterker pil te gaan nie, het Minerva in 2003 probeer, het 7 dae net-net oorleef en toe kon ek dit nie meer hou nie, my kop wou oopbars van die pyn, ek was so naar dat ek dit nie kon hou nie om nie eens te noem van hoe seer my borste was nie, toe stop ek onmiddelik. Ek is baie klein gebou, weeg 45kg, dalk is dit die hormone te sterk vir my gewig. Ek is versigtig om te se dat na omtrent twee weke af van die pil voel ek effens beter, maar ek wil noggie heeltemal se dit voel of ek reg kom nie. Terloops het dit nie vir voorbehoeding nodig nie, want ek is nie seksueel aktief nie.

Gee asseblief raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Raadop
As ek jy is, sou ek die pil heeltemal los, jy sal dalk beter doen op 'n 3 maande progesteroon inspuiting. Ek dink regtig jy moet 'n gyne sien om dit uit te sorteer. Jy gaan dalk ook goed doen op iets soos Aropax - bespreek dit met jou huisdokter, sal help vir die depressie, fobie en angstigheid.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement