advertisement
Question
Posted by: worsie | 2008/01/31

Die effek van kafiene & chromium

Hallo Dok,
Wat is die effek van kafiene op 'n verslankings dieet? Help dit met gewigsverlies of verhinder dit verlies?

Is dit waar dat 'n "craving" veral vir soetgoed, dui op 'n chromium tekort, en waar koop 'n mens hierdie aanvulling?

Dankie
Vriendelike groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Worsie
Kafeïen het 2 effekte wat metabolisme aanbetref: a) dit kan metabolisme stimuleer omdat dit 'n stimulant is, maar om so 'n effek te bereik, moet mens besonder hoë dosisse inneem wat allerhande onaangename newe-effekte sal veroorsaak (bv. hartkloppings, slaaploosheid, ens), b) dit werk soos 'n ontwateringsmiddel (diuretikum) en bevorder afskeiding van urine - atlete gebruik kafeïen om hulle liggame te hidreer na oefening. 'Cravings' of giere dui meer op 'n gebrek aan serotonien in die brein wat dan weer aandui dat die dieet te min koolhidrate bevat. Mits jy aan sulke giere vir soetigheid lei, moet jy sorg dat jy by elke maaltyd een of twee porsies lae-vet, hoë-vesel en liefs lae-GI koolhidrate eet. Chroom kan moontlik help om bloedsuikervlakke te normaliseer. Jy kan chroomaanvullings, bv. chroompolinikotaat by die meeste apteke of gesondheidswinkels koop. Maak seker dat jy nie meer as 200 mikrogram chroom per dag inneem nie.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2013/03/06

Ek wil asb weet of dievolgende (kelp, skulpvis, iodine en chromium en dan vitB kompleks) enige newe effek sal hê indien ek dit gebruik saam met 'n beta blok pil! Wat in hierdie kombinasie middels dien as verslanking?

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement