advertisement
Question
Posted by: ME | 2007/06/12

Diagnose

Ek is 'n veertigjarige vrou,is op medikasie vir hipertensie.Omtrent 'n jaar gelede het ek 'n uitslag op my bene gekry wat verskriklik jeuk,dit lyk ook soos omlope ,ek krap laat die bloed loop.Na behandeling is daar geen verbetering nie.Ek kry ook kroniese blaasontsteking wat soms baie erg word.Op die oomblik gebruik ek net Citro Soda.Twee weke gelede het ek agtergekom my uriene is baie geel en nie helder nie.So 4 dae gelede het ek begin baie dors word en baie water begin drink.Ek kan ook nie snags slaap omdat ek omtrent elke halfuur moet opstaan om te urineer. Ek het geen sigbare vaginale afskeiding nie, maar daar is 'n amoniak reuk wat baie sterk ruik,soms is ek bang om te naby aan mense te staan ,ek was gereeld as ek by die huis is maar soms is ek by die werk dan is die reuk erg.My vingers kry 'n dooie gevoel snags,my dokter het voor sy oorsee verhuis het gese dis Carpal Tunnel Sindroom maar die ander dr het gese dis nie.Die gevoel in my vingers was vir omtrent 1jaar beter maar dit het onlangs erger geword.My vel is die laaste tyd so droog dat dit eindlik oopbars.My haakskene is gebars dat dit pynlik is om op te trap.My vingerpinte is so grof as ek aan klere of bedegoed raak haak dit vas.Ek het voorheen by my Dr gekla om dat ek gereelde nierpyne kry.Omdat sy die Dipstix toets in die spreekkamer gedoen en my geen behandeling gegee het nie neem ek aan daar is niks fout met my niere nie,maar dit pyn gereeld.Ek kry ook kroniese sooibrand ek is al so gewoond daaraan.Omtrent als wat ek eet gee my sooibrand.Ons is 6 kinders 4 het hipertensie en 3 het hipertensie en suikersiekte op die oomblik is dit net 1 wat nog geeneen van die siektes het nie.Ek het 'n afspraak by die dr maar eers vir later in die week.Vyf van my ma se susters het suikersiekte gehad en hulle is almal so 'n paar jaar gelede gesterf ,een se been is geamputeer.Ek weet ek moet gaan vir toetse maar kan dit dalk iets anders wees?Ek is verlede jaar getoets vir suikersiekte.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe ME
Dit klink tog of jy 'n urienweginfeksie het, ek dink jy moet dalk vir jou dr vra om urine weg te stuur na die laboratorium. Jy moet maar dat hulle weer toets vir suiker en ook vir skildklier. Vra jou dokter om vir jou 'n voorskrif te gee vir Zantac of iets soortgelyks om die suur in jou maag te verminder. Jy het dalk 'n ekseem op jou bene omdat jou vel so droog is, bad met Dove seep en sit UEA room mildelik aan.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement