advertisement
Question
Posted by: molly | 2007/04/11

desperate gewigsverlies

help, ek is 40 jr oud en het 17 kg opgetel die afgelope 2 jr, ek kan dit nie af kry nie en het al wat dieet en pille is probeer, ek is 1.6m lank en weeg 74kg wat kan en doen om die gewig vinnig af te kry, ek stap elke dag 3 km

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Molly
Aangesien jou huidige BMI = 28,9, wat in die oorgewig reikwydte val, sal dit goed wees as jy ten minste 10 kg kan verloor om terug te keer na 'n normale gewig. As standaard diëte nie vir jou gehelp het om te verslank nie, dan is dit moontlik dat jy aan 'n hormoonwanbalans ly. Vra jou huisarts om jou te toets vir lae tiroïedvlakke, en insulienweerstand. Indien jy aan insulienweerstand ly, is dit noodsaaklik om 'n dieetkundige te spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou 'n individuele dieetvoorskrif moet uitwerk wat die oorgewig, en insulienweerstand aanspreek. So 'n dieet is gegrond op voedsels met 'n lae glisemiese indeks (GI). In die tussentyd kan hy kliek op 'Diet' bo aan hierdie bladsy en dan op 'Weight loss' en 'The Right Approach' en die artikels oor die GI lees.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement