advertisement
Question
Posted by: Melanie | 2002/12/13

Desperaat

Liewe dokter:

My naam is Melanie ek is 18 jaar oud en voer 'n stryd met my gewig. Ek is 1.81cm lank en weeg 85Kg die omtrek om my enkels is 25cm en om my pols is 19cm. Ek sal graag wil weet of ek oorgewig is en indien hoeveel ek moet verloor en of wat die ideale gewig vir my lengte is.

My ma is 49 jaar oud en ontvang Vit b12 inspuitingings vir pernisieuse anemie sy het ook oorerflike cholesterol. Sy is 1.65cm lank en weeg 73kg die omtrek om haar enkels is 28cm en om haar pols is 17cm. Sy sal graag wil weet watter voedselsoorte geskik sal wees vir beide siektetoestande wat sy het. En of sy moet gewig verloor en wat die ideale gewig vir haar lengte is.

Ek moet ook noem dat ons ongeveer 4 maal per week vir 30 min elk gaan stap en dat ons vetvrye melk en flora extra light margarien gebruik. Ons eet ook gereeld vars vrugte en slaai en tenminste 2 keer 'n week witvleis.

Baie dankie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Melanie
Op die oomblik is jou BMI = 25,9 wat effens oorgewig is. Jou ideale gewig is 72 kg, dus moet jy probeer om 10-13 kg te verloor. Kliek op 'Diet' en dan op 'Weight Loss' en 'Slimming Diet'. Gebruik hierdie lae-vet, hoe-vesel dieet saam met oefening om gewig te verloor.
Jou Ma kan ook dieselfde dieet gebruik want sy is oorgewig met 'n BMI = 26,8. Haar ideale gewig is 60kg. Met hierdie dieet sal sy die gewigs- en cholesterolprobleme aanspreek. Die beste bronne van B12 is vleis, vis, eiergeel en lewer - alles kosse wat ook taamlik baie vet bevat tensy julle baie maer vleis koop en die lewer met die minimum vet gaarmaak. Die SA Hart Stigting beveel aan dat persone met cholesterolprobleme net 4 eiers per week moet eet - koop omega-3 verrykte eiers wat 'n laer cholesterolinhoud het en ook omega-3 vetsure bevat wat help vir die cholesterol. Julle kan ook Salmolie Tablette gebruik om cholesterol te verlaag.
Hou aan met die oefening en probeer om vinnig te stap om julle metabolisme te stimuleer.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement