advertisement
Question
Posted by: EKKE! | 2008/07/21

DERMS?

More dokter,

Eks ' n 28 jarige fikse, gesonde dame. So 2 maande terug nadat ek op antibiotika was, het ek ongemak gehad as ek " toilet"  toe gaan. Ek het my huisdokter gaan sien en hy het gese dat daar ' n skeurtjie kan wees en vir my Mauvicol (om hardlywigheid te voorkom) en Scheriproct voorgeskryf. Hy het wel gese dat as die probleem sal bly hy my sal stuur vir ' n chirurg se opinie. (kan glo jou anus rek?)

Als het goed gegaan... vanoggend toe ek toilet toe gegaan het was daar bloederigheid in die toilet en op die toiletpapier. Dit was glad nie seer soos in die verlede nie. Ek het so snaakse gevoel op my maag, voel amper soos miltsteek, maar dis nou weg.

Moet ek worry of maar net kyk of dit erger word? Is daar dalk fout iewers in my derms? Ek probeer redelik gesond eet...

Dankie dok!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ekke
As die probleem 'n klein aambei of skeurtjie is, is die bloed gewoonlik net 'n blertsie op die toilet papier. As jy toilet toe gaan en daar is rooi of swart bloed in die stoelgang of dit spat teen die bak, meer as 'n eetlepel vol, is daar dalk 'n probleem in die derm en moet jy liewer na jou dokter toe gaan vir 'n ondersoek ( hy moet in die rektum voel - ek weet dit klink gross maar dis baie belangrik want 90% van rektale kankers en ander tipe ulcusse kan mens met jou vinger voel!)
Sterkte!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement