advertisement
Question
Posted by: T001 | 2007/03/30

Depressie

Hoe weet 'n mens as jy aan depressie ly? Ek het al 'n paar "toetse" gedoen wat se ek is depresief, maar ek wil nie sommer die kar voor die perd span nie.

Ek is huilerig, slaap sleg, het geen selfbeeld, neem alles persoonlik op en gee voor alles is reg terwyl ek "dood" is aan die binnekant en gereeld dink hoe goed die wereld sonder my sal wees. Ek maak ook gereeld planne om my lewe te beeindig, maar is te groot lafaard om dit regtig te doen.

Ek het geen ondersteuningstelsel by die huis nie, aangesien my man my gereeld afkraak, altyd almal rondom my raaksien en hul kant kies bo my en nooit vir my se ek is mooi of enige komplimente aan my gee nie. Dit voel vir my of ek slegs die bediende in die huis is, aangesien ek in die aand wasgoed doen, skottelgoed, kook, kleinding se huiswerk ens, terwyl hy voor die TV sit of playstation speel. As ek hom aanvat hierop se hy vir my dit is my skuld want ek is heeltyd besig. Soos reeds gese, alles is altyd my skuld.

Ek is 'n baie suksesvolle besigheidsvrou in 'n hoe profiel werk en almal rondom my dink alles is reg, want ek het al die kuns bemeester om alles goed onder make-up en grappe weg te steek. Dit voel egter nou vir my hulle begin deur my sien en gaan ook een van die dae besef hoe dom en lelik ek is en dat ek niks kan reg doen nie.

Help asseblief wan tdit voel of alles soms net te veel word.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

See at least a good local GP, if practical, then a good local psychiatrist, for a proper full assessment and advice on treatment, based on the results o fthat assessment.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Maria | 2007/03/30

Jou vrees oor geldmors is 'n tipiese denkpatroon van iemand met depressie. Dit het my maande geneem om die moed bymekaar te skraap om my dokter, en toe 'n sielkundige te gaan sien. Ek het gedink hulle gaan vir my lag, of sê ek moet net bietjie harder probeer en daaroor kom. MAAR DIT IS NIE SO NIE. Gaan kry hulp, jy het dit nodig en dit sal jou ook help om jou man beter te hanteer.

Reply to Maria
Posted by: T001 | 2007/03/30

Baie dankie Maria. ek het reeds die voorstel gemaak dat ons na 'n huweliksberader gaan, en hy het my afgelag en gese ek sien probleme wat nie daar is nie en daar is niks fout met ons huwelik nie, en ek moenie my negatiewe gedrag op hom afdwing nie en ek moet ophou om alles in 'n negatiewe lig te sien. As ek ophou kos maak ens sal ek weereens net hoor hoe sleg ek is ens, so ek doen dit om nie verder afgekraak te word nie.

Wat die sielkundige aan betref, ek is bang ek mors ons geld en gebruik die medies se limiet op en dan is ek sommer net simpel, of soek aandag.

Reply to T001
Posted by: Maria | 2007/03/30

Jou simptome klink beslis vir my na depressie. Gaan sien 'n goeie sielkundige wat kognitiewe gedragsterapie (CBT) doen. Jy kan dalk by jou huisdokter begin vir 'n verwysing. Dis nie 'n skande om hulp te vra nie.

Ek dink ook huweliksterapie sal julle dalk kan help, maar miskien moet jy eers bietjie aan jou eie selfbeeld werk.

Wat betref jou man wat nie help nie... begin weier om bv. sy klere te was en stryk, en as hy 'n skoon hemp soek dan sê jy jammer, jy het tyd afgevat om te ontspan en nie by die wasgoed uitgekom nie. Moenie elke aand aandete maak nie, vra hom om wegneemkos te gaan kry. As hy dit bevraagteken, selfde storie.


Reply to Maria

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement