advertisement
Question
Posted by: Keen | 2007/04/12

Dankie

Hallo dok.

Dankie vir die raad met die trepilene. Ek het toe die dosis verminder na 10mg in die aand en 10mg in die oggend en my velbrand sensasie is weg. Ek het besluit om maar te gaan vir die sistoskopie sodat die uroloog kan sien wat aangaan.

1. Het jy al gehoor van colloidal silver? Sal dit veilig kan wees om te gebruik om te kyk of potensiele infeksies dalk die oorsaak kan wees van my blaaspyn? Die persoon by die gesondheidswinkel het gesê dit is blykbaar baie veilig om te gebruik, maar op die internet lees ek dit het al mense se vel grys gemaak!

2. Ek gebruik 'n produk met die naam "Ambrotose". Dis 'n glyconutrient? Het jy enige opninie oor dit en is dit veilig om te gebruik langtermyn?

3. Ek vind dat as ek "base powder" drink, raak die pyn op my blaas ook baie beter.

Hoop jy kan bietjie insig gee oor die drie vrae.

Baie dankie weereens vir jou bereidwilligheid om my vrae te antwoord.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Keen
colloidal silver is antisepties en ek sal dit vir salwe etc gebruik maar ek dink ook dit gaan jou vel "grys" maak as jy dit inneem! Alle "gesondheidsprodukte" is nie altyd veilig nie!
Ek dink nie Ambrotose kan skade doen nie, dis basies 'n voedsel aanvulling
Base powder bevat mannitol wat 'n diuretikum ( waterafdrywer ) is en Selenium wat 'n spoor element is - jy moet net sorg dat jy genoeg water drink wanneer jy dit gebruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement