advertisement
Question
Posted by: Morne | 2005/12/12

DANKIE!!

Goeie dag HeartDoc

Dankie vir dokter se briefie van gisteraand.

I.v.m. die bloedplaatjies. My pa het gevra of dit beteken dat sy bloed dikker is, wat natuurlik beteken dat dit glad nie goed is vir sy hart nie, en of dit nie moontlik die oorsaak van die moegheid kan wees nie a.g.v. die dikte. Net ‘n gedagte :-)

Dokter het genoem dat dit moontlik die medikasie kan wees. Die Kardioloog het nie aan die medikasie verander nie, so wat doen mens in hierdie geval. Is dit nie dan die medikasie wat die moegheid veroorsaak omdat die bloed dalk dikker is nie???

Die Chirurg was geskok om te hoor dat my pa nie daagliks Disprin drink nie, maar my pa het toe vir hom vertel dat die Kardioloog Plato voorgeskryf het omdat Disprin te gevaarlik is vir die maagsere. My pa neem dus tans Plato, Nexiam (40mg) vir die maagsere en Lipitor. My pa het toe die Lipitor vir 2-3 weke gelos maar hy het steeds moeg gebly.

Ek sal dokter se verduideliking waardeer.

As ons nie weer praat hierdie jaar nie, wil ek dokter ‘n baie Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar toewens. Alles van die beste vir 2006!! Geniet die vakansie as dokter enigsins een gaan hê.

Groetnis
Morné

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Morne,

Nee, as sy plaatjietelling laag is, beteken dit dat sy bloed nie maklik kan stol nie, (wat goed vir die hart is) weens ‘n tekort aan die plaatjies. So die Plato doen sy ding reg. Maar, een bekende newe-effek van die Plato is dat dit wel die plaatjietelling kan laat daal. Die Plato is net veronderstel om die WERKING van die plaatjies te inhibeer, en nie die HOEVEELHIED plaatjies te affekteer nie. Maar soms kan dit gebeur, en ek vermoed dat dit wel in Pa se geval gebeur het.

Pa het tog ‘n probleem nou, want hy het duidelik nog ‘n anti-stol middel nodig, maar kan nie Warfarin of Disprin gebruik nie, weens sy geskiedenis van bloeiende ulkusse.

Sy plaatjietelling sal dopgehou moet word. As dit onder die normale syfer daal, sal Pa sy kardioloog moet raadpleeg, om die situasie te hersien. Miskien sal Pa teen daardie tyd sonder anti-stol medikasie kan klaarkom, maar dit sal net deur die kardioloog besluit kan word. Onthou, hy moet maandeliks sy plaatjietelling monitor, en as dit daal moet hy dringend by sy kardioloog uitkom. As sy telling te laag word, kan hy inwendig bloei en sal maklik kneusplekke vorm ens.

Dankie vir die groete, ek steur beste wense aan jou en jou familie. Ek hoop Pa bly versterk, en dat jou 2006 ‘n uitskende jaar gaan wees.

HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement