advertisement
Question
Posted by: Champagne. | 2007/12/05

Dagga, is dit die einde?

Hallo liewe CD. Hoe gaan dit? Het dok darem al begin afskaal vir die feesseisoen?

Ek is vandag regtig erg depressed dok. Ek rook mos al jare dagga en het vanoggend besef wat ek aan myself en veral my geliefdes doen.

Ek het my stuff (soos manlief dit noem) weggesmyt en myself belowe dis nou klaar. Ek het myself al baiemaal so belowe, maar val telkens maar weer terug in hierdie bad habit.

My vraag? In elke bankie, of damn near almal, kry ek ewig 'n enkele bolletjie rot ekskrement. Kan dit gevaarlik wees vir my?

Hoekom het sekere mense altyd 'n kruk nodig om te survive? Ek het vanoggend besef ek het nie net die een habit nie, maar nog een in die vorm van dieetpille.

Ek moet dus nog daarvan af ook, maar dit help werklik baie met die gewigsverlies! Ek is skaam vir wie ek is (of geword het) en wat ek doen, of eerder wat ek nie doen nie.

Ag, ek soek net 'n vriendelike woordjie, en ek weet dok sal dit gee. Ek kan nie regtig met iemand praat nie, want in my familie weet net my man. Hy is 'n fantastiese mens en ek sidder aan die gedagte dat ek hom kan verloor met my stront. (Skuus dok.)

En die effects van die rokery vang my ook. As iemand met my praat vaar ek in droomland in en hoor niks wat gese word nie. Ek moet alewig skuus se. My memory is shot. Ek voel vasgevang tussen mense en weet nie of ek nou kan werk nie!

Sal dit regkom soos ek langer skoon bly? En die drolletjies?

Ai dok, dok moet 'n lieflike feesgety he en lekker uitrus. Is dok nog volgende jaar met ons? Hoop so! Ons kan hardly vir 'n beter oor en proffesionaliteit vra.

Dankie vir alles deur die jaar. Dok is werklik 'n mens duisend!

Baie groete en geniet dit! xxx

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Champagne
Daar is nogals 'n grillerige lys goed wat deur rot bolletjies oorgedra kan word, onder andere tifus, salmonella en hanta virus ( kyk http://www.aaanimalcontrol.com/ratdiseases.htm) so mens moet dit liefs nie vrywillig inneem nie!
Dit is moeilik om jouself te speen, maar nie onmoontlik nie. Dis dalk ook makliker as jy nie elke dag rook nie.

Gee die dieetpille jou nie jittery-ness en angstigheid nie? Dis nie gesond om dit gedurig te drink nie, en jy moet ook maar uiteindelik probeer om jou daarvan te speen. Maar moenie nou alwee goed gelyk probeer doen nie, jy's ok maar net mens!

Ek het nog 'n week voor ek op "verlof" gaan - kan nie wag nie! Bietjie rof gegaan die laaste week!
Groete en sterkte
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement