advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2007/05/14

Daaglikse water-inname

Ek en my GP het verlede week 'n groot debat gehad. Ek het 'n matige Mitral Valve Prolapse en hy is van mening dat ek nie elke dag 2-3 liters water moet drink nie aangesien dit my hart "uitput" om al die water te verwerk. Hy voel 'n mens moet net drink as jy dors is.

Ek het 'n BMI van 24 en wil graag sowat 5kg verloor. Ek kan nie oefening doen nie (al het Kardioloog dit aanbeveel, voel ek naar en duiselig na fisiese aktiwiteite) en probeer om net gesond te eet met Appels en Yogurt en lae vet kosse.

Wat kan ek nog doen om van die lastige 5kg ontslae te raak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Cornel
Ek stem saam met jou gp. Volwassenes het net 2,5 liter VLOEISTOF per dag nodig (dit sluit in water, tee, koffie, melk, vrugtesappe, koeldranke, ens - enigiets wat vloeibaar is), dus is dit nie nodig om so veel ekstra water in te neem nie. Luister asb na sy raad want dit kan wel jou hartspier uitput en dit wil jy nie hê nie! Aangesien jy nie kan oefening doen nie, sal ek jou aanraai om gebruik te maak van 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel-dieet probeer (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld daarvan) om daardie laaste 5 kg te verloor.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement