advertisement
Question
Posted by: arme ekke | 2007/05/18

Cybershrink

Hi Cybershrink. I wrote this to my shrink last night. Please comment on it. Should I give it to him. I put * where there is suppose to be names. Sorry for the Afrikaans. You’ll obviously won’t know all the background on this as my shrink will but I just want feedback on it please and please try to be specific. I need it.

Die waarheid is ek wil glo dat ek die wonderlike persoon is wat ek so maklik baie mense oorreed ek is. Ek wil glo ek’s die slim, mooi “catch” en unieke persoon wat tog so vulnerable is. In realiteit dink ek ek is die mees selfsugtigste manupilerende persoon wat daar is. Ek leef op ander se simpatie, ek wil jammer gekry word want dan het ek ‘n verskoning. Ek het ‘n verskoning om nie verantwoordelikheid te neem nie. Dis hoekom ek nie meer myself kan vertrou nie. Ek weet nie meer wat die waarheid is nie. Ek wil so graag glo dat ek die goeie persoon is maar soms vang alles net met my op. Ek is ‘n groot oorsaak van die probleme in my en * se verhouding. Wanneer ek mense ontmoet en van hulle hou wys ek my beste kant. Ek doen nie die dinge wetend of met “intend” om seer te maak nie, dis wie ek is. Dieselfde was toe ek * ontmoet het. Hy was “vulnerable” a.g.v die omstandighede wat hy in groot geword het. Ek het hom goed laat voel en hy het my goed laat voel maar kort voor lank het ek oor hom geloop, ek’t hom probeer beskerm en hom help en sodoende opofferings gemaak deur hom toe te laat om te doen wat hy wil maar later wou ek my wil ook hê en so begin die siklus van dat ek hom encourage om sy eie ding te doen maar dan later ongelukkig is omdat hy dit gedoen het. Ek voel goed in myself as ek sogenaamde opofferings maak sodat hy gelukkig is maar in realiteit doen ek dit net sodat ek kan bly voel ek’s die martyr? Ek wil glo ek is die persoon wat myself opoffer vir ander. Ek wil gesien word as die Florence Nightengale. En dan wys ek almal tog hoeveel ek opoffer en kyk net hoe die mense my dan hanteer na al die opofferings… so dan kry ek die simpatie en word gesê hoe goed ek is. Terwyl ek die tik bakly ek die heeltyd met myself ek probeer myself oorreed die is nie wie ek is nie maar dit is, ek wens ook dat jy my sal sê na die tyd en sal oorreed dat dit nie is wat ek is nie maar partykeer soos nou moet ek die realiteit in die oë kyk. Ek weet nie eers of ek op die ou end die “guts” sal hê om die vir jou te gee nie. Dalk sal ek en as ek dan dink ek sal dit dalk goed wees dalk sal jy my kan help maar einklik twyfel ek. Ek dink ek sal die persoon vir die res van my lewe wees. Dis wanneer ek “trapped” voel. Sien hier kom al die selfbejammering en ag arme ek. Argh! Ek wil graag die goeie persoon wees maar ek kan nie want ek leef op die “victim” te wees. Hel ek wens ek kon in woorde sit hoe dit voel om die te skryf maar dis net verder bewyse van my “ruthlessness” want op die ou end gaan dit my nogsteeds soos die arme victim laat lyk wat tog so hard op haarself is. Vir die eerste keer in my lewe begin ek regtig wonder of ek mal is. Ek is vreesbevange en geirriteerd met myself op die selfde tyd. Is ek net besig om weer oor gedramitiseerd te wees? Of slaan ek ineindelik die spyker op die kop? Gin wonder * is so deurmekaar. Hoe moet hy my gelukkig kan hou as ek nie eers self kan of weet hoe nie. Die arme man is nou al so bang om beheer te neem want die een oomblik hou ek daarvan en die volgende wil ek hom los as gevolg daarvan. Ek dink hy’s so deurmekaar oor wat ek wil hê dat hy liewers net niks probeer in die vrees dat ek hom weer sal seermaak. En Ek het hom al baie seergemaak, ek het hom al tot sy “core” toe laat sleg voel. Ek wil regtig nie so wees nie. Wie is ek? Is ek die goeie persoon wat ek so graag wil glo? Of is ek die persoon wat leef om ander (en myself) te manupileer sodat ek gesien word as die martyr en wonderlike persoon… Is my sussie al die tyd reg dat ek die slegte een is? Dat ek in illusies lewe? Ek het al so baie sulke tipe denke gehad en getik en gewoonlik laat dit my beter voel maar die keer laat dit my net meer deurmekaar voel. Ek wil so graag glo dat ek gelukkig gaan wees dat ek deur die dinge gaan werk maar wanneer ek logies na dinge kyk kan ek nie anders as om te besef dat ek altyd ‘n manier sal vind om miserable te wees nie. Hier sal ek gewoonlik ‘n paar “ek is so pateties” invoeg om simpatie te “invoke” maar wat’s die punt? Ek is totaal en al messed up en ek wys soveel verskillende gesigte vir mense dat ek self nie weet wie ek regtig is nie. Ek dink ek is daai b itch wat ek nog altyd so hard probeer “deny”. Ek’s nie slim, hardwerkend, empatiek met mense nie. Ek’s seker die mees selfsugtigste persoon wat daar is. Ek wil hê almal moet my jammer kry. Solank almal glo dat ek die goeie persoon is solank kan ek wegsteek wie ek regtig is en myself probeer oorreed dat ek wel ‘n goeie persoon is. In realiteit dink ek as ek kon sou ek nou net al my studies gelos het, werk gelos het en net by my huis gesit het en van my ouers se geld af geleef het. Argh! Ek gaan seker nou weer my simpatie kry a.g.v die brief so moet ek dit gee vir jou of nie? Dis die vraag of dit gaan “guts” van my wys om my egte gevoelens oop te vou vir jou of dit gaan net verder bewys dat “okay as hy my nog aanvaar en van my hou nadat hy die geelees het is ek okay, ek is aanvaar” Ek dink ek hardloop nou so lank weg van wie ek regtig is dat ek self nie weet nie. Dis dae soos die wat ek glo daar is nie hoop vir my nie. Sien daar kom my miserabiliteit uit. Oe ek behoort goed aandag daarvoor te kry. Sh it! Ek haat die! Ek’s vreesbevange vir wat hier uitkom en wat ek al baie besef het maar nooit neerskryf of erken het nie of erken maar dan myself daaruit praat na die tyd… ek weet nie een deel van my wil dit uiters graag vir jou gee ‘n ander deel wil nie. Gaan jy regtig kan verstaan wat ek hier sê? Kan jy regtig help? Kan jy regtig weet wat my essence is? Ek wens jy kon. Ek weet net nie of enige iemand kan nie. Of ek gaan gesê word dat ek sigopaties/mal is. Ek voel geskeur. Kan enige iemand my help? Wil ek actually gehelp word? Of hou ek daarvan om so geskeur te wees? Is ek mal? Of soek ek aandag? Sal ek ooit ‘n eerlike egte waarheid oor myself kan kry? Gaan my hele lewe die siklus loop? Ek wil glo dat daar meer is. Ek het al gedreig dat ek niks is maar secretly het ek altyd geglo ek sal nog bo dit uitkom ek sal iets word ek gaan gelukkig wees en ek gaan uniek daarin wees maar ek gaan altyd soek daarna. Dit gaan dalk net erger word. Daar is soveel gevolgtrekkings wat gemaak kan word oor my. Ek kan net nie besluit watse een is die regte een. Hoe sluit ek so iets af? As ek die vir jou gee gaan ek seker ‘n manier kry om myself simpaterend te laat lyk wanneer ek jou kom sien. Ek kan jou belowe ek gaan erg simpel voel. Ek gaan seker met ‘n soort verduideliking en verskoning uitkom voor ek jou weer sien om dit als weg te kan vee. Terwyl ek hier sit dink ek klaar hoe ek dit vir jou kan gee en dalk kan jy my dan sê nee als is oraait jy is ‘n goeie persoon. Maar is ek?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Firstly, I believe it is often very useful to write letters to shrinks, partners, bosses, whoever, about how one feels, angry or sad or puzzled, about them --- but not to post the letter and not to give it to them --- expressing oneself can be very helpful, even if the person it's addressed to never sees the letter.
Now, turning to your letter here. Re-reading it yourself, does it seem to represent the "wonderful" or the "manipulative" aspects of your self which you mention ? Generally, it could be useful for your shrink, who knows the background to all this, to read, and gain useful information from this. But it is really long and needing an awful lot of reading --- maybe a summary would be more useful and more likely to be used ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Echelle | 2007/05/18

Ek's seker jy sal dit in 'n uur se tyd vir jou Shrink kan sê?

Reply to Echelle
Posted by: C. | 2007/05/18

Goed of sleg, een ding is seker, jy het 'n baie lang asem.

Reply to C.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement