advertisement
Question
Posted by: angel | 2007/05/11

colostomy

my man se dun derm het nou so maand terug gebars en dit is blykbaar agv te min vesel, en die gevolg is dat hy nou 'n met 'n colostomy sakkie vir 3mnde moet dra. Die groot vraag is wat mag hy en wat mag hy nou nie meer eet nie??? En die dokters het vir hom gese hy moet drasties gewig verloor en gou voor die vlg operasie, maar nou moes hy ook ophou rook wat hy reg gekry het mar nou het hy nog munchies ook en plaas van gewig verloor tel hy op. Hy is 1.83m in lengte en weeg nou 106kg (met 'n lekke boepie en tande stokkies vir bene) Groete en dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Angel
Dit is uiters belangrik dat jou man dadelik 'n kliniese dieetkundige spreek. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou man 'n individuele dieetvoorskrif moet uitwerk wat beide die dermprobleme en die oorgewig sal aanspreek (sy huidige BMI = 31,6 wat in die kategorie van vetsug val en dit is uiters noodsaaklik dat hy begin gewig verloor). Dit is ongelukkig nie 'n saak wat ek vir julle oor die Internet kan uitwerk nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement