advertisement
Question
Posted by: Bienks | 2007/05/09

Clomid

Haai Dok

Ek het n paar dae terug geskryf oor Clomid wat ek gebruik het. EK het laas week Donderdag (03.05.07) begin ovuleer. Die ding is ek kry nogsteeds n afskeiding en my eenkant wat voel soos n ovary is nog seer. My urine ruik ook nie lekker nie. Maar dit is "clear" en alles. Ek het nie n infeksie want dit jik of brand nie as ek badkamer toe gaan nie. Ek het nog nooit n infeksie gehad nie. Kan dit die clomid wees wat nog uitwerk? En ek is nie swanger nie, want ek sou vir Kunsmatige Insiminasie gegaan het en het toe nie gegaan nie...

Baie dankie vir u tyd...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Bienks
Jy kan dalk meer van 'n afskeiding he omdat die Clomid verhoogde hormoonvlakke veroorsaak. Mens kan ook meer as een eiertjie vrystel wat die seer ovarium kan verklaar. Dit behoort nie 'n reuk aan uriene te gee nie. Het jy uriene getoets by die apteek? Mens kan somtyds urienweg infeksie he sonder die brand of jeuk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement