advertisement
Question
Posted by: smurfie | 2008/06/09

Cilift = impotence?

Hello Dr
My man is nou vir 'n geruime tyd op Cilift (antidepressante) en dit was nou die tweede keer wat hy nie sy ereksie kan volhou nie en nie kan ejakuleer nie. Hou dit verband met mekaar. Hy neem ook Zyban op die oomblik maar ek het nie iets daaroor op die net gekry nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Smurfie
Ja dit kan gebeur as newe effek van Cilift. Dit is 'n tydelike newe-effek en kan dalk nou wees as gevolg van die kombinasie van die twee pille. Dit mag dalk net bietjie meer tyd en rustigheid neem as gewoonlik om te ejakuleer maar hy hoef nie daaroor te bekommer nie. Dit sal weer regkom. As hy wil ophou rook en die Zyban help is dit dalk die ongerief tydelik werd!! ( terloops Zyban het ook antidepressiewe eienskappe)
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: elizma | 2013/09/14

Ek het n probleem ek wil weet hoe kan ek op urbanol en cilift bly. dit laat my baie beter voel en ek het verskriklik kinder lewe gehad en en nou nog baie stress. hoe kan ek op dit bly.

Reply to elizma
Posted by: Sonskyn | 2008/06/17

Dr Bets - baie dankie vir jou antwoord. Ek het 'n ander groot probleem. Van ek op Cilift gegaan het tel ek ongelooflik baie gewig op. Ek was al voorheen in my lewe so oorgewig soos nou, maar ek weet hoe ek dit bereik het - ek het onsettend baie geeet - 12 snye brood 'n dag was vir my normaal met my groot bord gekookte kos. MAAR nou - nee ek eet steeds soos ek die afgelope jaar geeet het, maar het in die drie maande van ek Cilift gebruik reeds 10kg opgetel. My gewig is besig om my baie neerslagtig te laat voel en ek kan nie sien hoe ek vir nog 8 of nege maande op die medikasie kan bly nie - ek kan nie nog gewig optel nie. Ek probeer nou heelwat minder eet en kies goeie en gesonde kosse, maar ek dink nie dit gaan help soos die skaal se naald klim nie - HELP ASB!!

Reply to Sonskyn
Posted by: Dr Bets | 2008/06/12

Hallo Sonskyn, mens val net gou terug as jy dit nie vir ten minste 'n jaar gebruik nie. Ek stem saam met jou broer. Jou kanse op permanent beter te voel is net soveel beter as jy dit vir 'n jaar drink.

Reply to Dr Bets
Posted by: Sonskyn | 2008/06/11

Hi Dr.
Ek is nou die afgelope 3 maande op Cilift 20mg en ek wil graag van dit af gaan. Met berading en die medikasie voel ek nou dat ek reg is om die lewe weer op my eie aan te vat. Hoe moet ek te werk gaan om die dosis te verminder en uiteindelik op te hou? Een dokter se 3 maande is reg, die sielkundige se 6 maande is voldoende en dan se my broer wat 'n GP is ek moet dit vir 12 maande gebruik of ek kan probleme ondervind. Hoekom moet mens dit vir so lank gebruik??

Reply to Sonskyn

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement