advertisement
Question
Posted by: miekie | 2011/02/17

Chroniese medikasie

Hi dr
My chroniese meds maak my siek! Drink Crestor 40mg asook Ezetrol10mg. Het dubbelle cabg en 3 stents tot dusvê r afgelope 2 jaar gehad. Toon hoë  vlakke van cholestol en het arteresklerose. Was onlangs by rumatoloog, het fibromialgie, meds daarvoor(Cymbalta )het my nogal siek gemaak, was 8 weke daarop voor ek dit gestaak het. Ek kan nie gemaklik sit of slaap nie. Kan net kort distansies stap. Elke spier en gewrig pyn en brand. Hande, bene en voete swel erg. Gebruik tans anti-depressant. Is maar 46, en voel 100. Doen joga, aquarobics en stap. Help asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Miekie
1. Praat met jou kardioloog en hoor of julle dalk 'n ander tipe cholesterol pil kan gebruik (hoe lyk jou cholesterol op die oomblik?) Die Statins soos Crestor kan lyfseer en gewrigpyn veroorsaak.
2. 'n Antidepressant is belangrik in die behandeling van fibromialgie, nie omdat jy depressief is nie, maar omdat dit die brein se pyn persepsie verbeter (hulle dink met fibromialgie "oorreageer" die brein op pyn stimuli)Daar is BAIE op die mark, as Cymbalta jou laat sleg voel, vra jou rheumatoloog of jy iets anders kan gebruik. Zoloft of Celexa mag dalk beter werk. Begin met 'n lae dosis want hierdie middels maak mens bietjie naar aan die begin, dit gaan later oor. (watter ander antidepressant gebruik jy??)
3. Fibromialgie gee nie swelling nie - mens moet net kyk of daar dalk onderliggende nier siekte is of hartversaking.
4. Byt vas en hou aan met die oefening, dis baie belangrik al is dit seer en maak dit jou moeg.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cyberdoc | 2011/02/17

Hallo Miekie
1. Praat met jou kardioloog en hoor of julle dalk 'n ander tipe cholesterol pil kan gebruik (hoe lyk jou cholesterol op die oomblik?) Die Statins soos Crestor kan lyfseer en gewrigpyn veroorsaak.
2. 'n Antidepressant is belangrik in die behandeling van fibromialgie, nie omdat jy depressief is nie, maar omdat dit die brein se pyn persepsie verbeter (hulle dink met fibromialgie "oorreageer" die brein op pyn stimuli)Daar is BAIE op die mark, as Cymbalta jou laat sleg voel, vra jou rheumatoloog of jy iets anders kan gebruik. Zoloft of Celexa mag dalk beter werk. Begin met 'n lae dosis want hierdie middels maak mens bietjie naar aan die begin, dit gaan later oor. (watter ander antidepressant gebruik jy??)
3. Fibromialgie gee nie swelling nie - mens moet net kyk of daar dalk onderliggende nier siekte is of hartversaking.
4. Byt vas en hou aan met die oefening, dis baie belangrik al is dit seer en maak dit jou moeg.
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.