advertisement
Question
Posted by: Hilda | 2007/03/21

Cholestrol/oorgewig

Goeiedag, ek is 51jr, ry fiets elke dag 20km en sat en sondae tussen 40 en 60km. Het pas n bloedtoets by Clicks se apteek gedoen en tot my skok agtergekom dat my cholestrol byna 7 is wat volgens die suster nogal HOOG is en ek weet ek is oorgewig, weeg op die oomblik 72kg en is 1.68. Watter tipe dieet behoort ek te volg om chol af te kry en ook gewig te verloor tot 65kg. Een probleem is hier waar ek in Afrika woon is dat hier nie volop vrugte en groente is nie en ons bring kry af en toe vleis van SAfrika. Ons stapelvoedsel is witbrood, marg en wat ookal beskikbaar is. Is daar hulp vir my en o ja, vandat ek hier woon is ek ook gediagnoseer met Rheumatoide Artritis deur n Rheumatoloog in Pretoria. Enige hulp.dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Hilda
As jy tans in SA is (ek twyfel of daar 'n Clicks in daardie deel van Afrika is waar jy blykbaar woon), maak dan asb van die geleentheid gebruik om dadelik 'n dieetkundige te spreek aangesien jy veelvoudige probleme het en ek nie vir jou so 'n gekombineerde dieet oor die Internet kan uitwerk nie. Besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind. Die dieetkundige sal vir jou 'n individuele dieetvoorskrif moet uitwerk wat die oorgewig, hoë cholesterol en rumatoïede artritis aanspreek, asook die beskikbaarheid of nie van die kosse wat jy kan bekom. Jou huidige BMI = 25,5, wat net bokant die boonste vlak van normaal is. Vir 'n ideale BMI van 22, behoort jy 62 kg te weeg.
Gaan sien asb dadelik 'n dieetkundige
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement