advertisement
Question
Posted by: May | 2007/02/16

Cholesterol

Goeiedag

My man het vir die afgelope paar jaar Prava 40mg gebruik met die beheer van cholesterol. Die dokter het egter gevoel hy moet iets anders gebruik. Sy telling was 6.9. Die Prava het goed met hom akkodeer. Hy sal nou vanaand begin met Lovachol 20mg. Ek wil maar net weet of dit regtig 'n beter pil as Prava is. Ek lees in die voubiljet in die pakkies en het probeer vergelyk. Ek lees dat Prava 'n baie goeie pil is en ek is nie so seker van Lovachol nie. Kan u my advies gee? Hy was op 40mg en nou 20 mg met 'n telling van 6.9. Dit bekommer my.

Ek probeer swanger raak vir die eerste keer en het ongereelde periodes wat wissel van 28 dae, 30 dae, 32 dae en 35 dae. Ek wil nie op enige medikasie gaan nie en wil weet of my man se medikasie (gebruik ook Zestril vir bloeddruk) kan veroorsaak dat ek nie swanger raak nie. Kan dit dalk hormone wees - ek wil nie onnodig dokter toe gaan nie. Ek was vir 15 jaar op Triphasil. Ek is 41. Raad asseblief!

Baie, baie dankie!
Vriendelike groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImagePharmacist

M,

Die Lovacholis steeds 'n uitstekende prdoduk en steeds die moeite werd om te probeer.

Jou man se medikasie is waarskynlik ook nie die rede waarom julle nie kan swanger raak nie.

Indien julle steeds sukkel, stel ek voor jul kontak 'n fertiliteits-kliniek. Sterkte!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement