advertisement
Question
Posted by: JJH | 2008/06/02

Bulimia

More dokter,

My meisie het Bulimia... Ons almal was onder die indruk dat sy dit nie meer het nie! Alhoewel daar symptome was as ek nou daaraan dink. Ek ken haar nou 7 maande. Ek het gister uitgevind dat sy Bulimia het vanaf sy 15 jaar oud is.. Sy is nou 19. Dokter ek wil haar graag help. Wat is die nagevolge tov Bulimia? Wat kan met haar gebeur as sy nie ophou nie! Sy is nog so jonk! Ek is 23 jaar oud. Hoe kan sy genees word daarvan? Ek moet op 'n manier voorle aan haar dat sy die erns kan verstaan! Enige raad sal waardeur word! Dankie dokter!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo JJH
Bulimie is 'n siekte soos depressie en angsversteuring wat nie reggestel kan word sonder intensiewe psigoterapie en medikasie nie. Meeste mense dink nie dat dit so ernstig is nie, maar dit kan ernstige mediese probleme veroorsaak - onder andere hartprobleme, permanente skade aan die slukderm en tande en nierprobleme. Sien http://www.medicinenet.com/bulimia/page4.htm
Daar is nie veel wat jy kan doen behalwe om haar genoeg inligting te gee sodat sy kan verstaan hoe sleg dit vir haar is nie, en haar te probeer oortuig om professionele hulp te kry.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement