advertisement
Question
Posted by: lala | 2004/11/10

bulimia

Ek weet almal gee my raad om na iemand profesioneel te gaan omdat ek bulimia het, maar ek was seker vir 8 jaar by verskeie mense.Sielkundiges, psigiaters en dan nou die sielkundige wat met hipnose werk. Die sielkundige wat met hipnose my probeer help het is 'n baie bekende persoon wat al oor die wereld seminare gehou het. Dis die een wat gesê het ek is verkrag alhoewel ek net sekere beelde kan onthou.Ek het op 'n punt gekom waar ek begin voel het ek wil net wegkom van al die dokters af en het almal laat glo ek is gesond. In die tyd wat ek behandeling ontvang het het dit vir my gevoel my bulimia is erger. Ek het al vir 'n paar maande op verskeie kere opgehou op my eie, maar dan kom dit weer terug hoe hard ek ookal daarteen probeer baklei. Ek is nie oorgewig nie.Die meeste beskou my as onder gewig. Maar dit is asof ek dit nie kan sien nie. Soms sal 'n appel my laat skuldig voel. Soms kan ek weer 'n hamburger eet en dan is ek ok daarmee. Ek het 'n hele ruk terug thinz gedrink omdat dit my eetlus demp dan gaan dit goed vir 'n ruk maar dan weer nie. Is daar nie 'n manier wat ek gehelp kan word sonder om fisies iemand te gaan sien nie.As ek nou moet sê ek is nog nie gesond nie sal dit my lewe verwoes. Almal dink ek is al vir 8 jaar gesond.Ek het destyds my vriende verloor, my ouers het dit as 'n skande gesien en ek kan net nie weer deur dit als gaan nie. Ek het 'n man en 'n kind en ek kan nie dat hulle anders na my kyk nie.Asseblief daar moet 'n manier wees. Ek is bereid om alles te doen wat van my verwag word. Ek is nou al vir 17 jaar 'n bulimie lyer. En God dank my gesondheid is relatief gesond.My tande moes almal al omtrent krone kry,maar vir die res voelen is ek gesond. ASSEBLIEF HELP! Ek kan nie iemand gaan sien nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

lala, I don't belive that anyone can be famous all round the world, giving seminars, about a quack treatment like hypnosis for bulimia. NO professional expert organization would agree that it is a recognized or proper treatment for that condition. But if any shrink or doctor has enough money, they can get themselves invited to conferences around the world and present a paper or seminar there, even if nobody bothers to go to listen to them. It means very little, some times. But if ou like to use a treatment for which there is NO evidence that it's effective and safe --- well, you have the right to do so. It is very widely reconized by appropriate experts that this is not any appropriate way to explore for or "discover" that someone has been raped. The risk of producing false memories is extremely high.
ONLY a properly rained and recognized actual expert in Eating Disorders, not a one-trick hypnotist, can ever treat the condition successfully. There is no effective way to treat it at a distance, without meeting the shrink, or by hypnotic magic.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: NM | 2004/11/10

Jis, ek weet nie of ek regtig kan help nie, maar hoekom probeer jy nie een dag op 'n slag vat nie. Kies vir jou een dag in die week waarop jy nie jouself sal siek maak nie (dis mos wat bulimia-lyers doen) Probeer ook om daardie dag NIE aan kos te dink nie. Elke keer wat jy jouself "vang" aan kos/jou siekte/gewig, wat ookal dink, se hardop vir jouself "ek gaan nie aan kos/gewig dink nie en probeer dan jouself besig hou met iets anders. Dit gaan 'n bietjie oefening vat, maar jy KAN dit doen...en sodra jy dit regkry kies jy nog 'n dag en hou so aan...STERKTE! EK DINK AAN JOU!

Reply to NM

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement