advertisement
Question
Posted by: Kabous | 2004/11/01

Buite egtelike vehouding.

Ek is n enkel mans persoon al vir 7jr.My vrou is oorlede en ek het 2 kinders en sorg self vir my kinders.Ek was al in heelwat verhoudings en kan dit baie goed hanteer.Ek het nie iemand nodig om vir my kinders te sorg nie,want ek doen dit al 7jr.Ek het alles wat ek wil he,wat nodig is vir n vrou.Ek is baie kies keurig en neem nie sommer n besluit nie.Daar het al drie verskillende vrouens wat getroud is by my aan gele en wil met my verhoudings aan gaan ,seker dat ek hulle verlos van hulle stryd met hulle mans.Ek is n gewone ambagsman en hierdie vrouens gee nie eers om nie.Ek is n goeie famile man ook by gese.Nou het daar n getroude vrou my weer gekontak en ek het 2jr gelede met haar skoon suster uit gegaan en haar toe al daardie tyd ontmoet.Ek het nie ag gegee nie want sy is getroud.Ek het daardie tyd toe ek haar sien,baie van haar gehou.Buite wete sy ook van my,daar was net chemistry.Sy is in dieselfde kerk as ek.Ons het mekaar altyd net gegroet en nou in dan gesels.Toe skielik kontak sy my en kan dit nie meer uit hou nie.Sy het my vertel hoe sy oor my voel en sy ry al vir maande elke naweek verby my huis.Ek moet se ek kan al vrouens opsom en sy speel nie games nie.Ek het al baie vrouens laat verby gaan,maar vir haar gee ek baie om.EK is vrek verlief op haar en sy op my ook.Haar man is n ingeneur en drink verskriklik baie en los haar baie aande alleen en gaan drink saam sy vriende en baklei baie met haar.Ek verdien nie wat hy nie en se dit vir haar,maar sy gee nie om nie en soek net ek moet haar lief he.Sy is verlief op my asg van my geaardheid en hoe ek my kinders hanteer.Ek is wel n ambagsman en hy n ingeneur,maak sy finansies nie aan my saak nie.Sy kyk na my en nie na geld nie en ek hou daarvan.Ek het eintlik baie meer as haar man finansieel en kan goed na haar omsien en lief wees vir haar,want ek glo sy is regtig lief vir my en nie vir geld nie.Ek is finansieel baie,baie wel af en niemand weet dit nie,ek leef n gewone leef styl.Dit is ook hoekom ek verlief is op haar,want sy het n fantastiese persoonlikheid baie belangrik,goeie beginsels en dieselfde kerk.Sy wou haar man al 3keer geskei het en het nie,want sy het nie goeie inkomste nie en is afhanklik.Ek soek raad op die gebied by mense met ervaring.Moet ek gaan daarvoor of dit los net omdat sy getroud is.Ek wil weet al die regterlike aspekte ook.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

I agree with lulu and kernel. An affair does not bring happiness and oesn't solve her marriage problems, which need either marriage counselling or divorce.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: lady nina | 2004/11/02

ons verstaan maar wees geduldig - glo my daar is geen groter hel as a ongelukkige huwelik nie


nina

Reply to lady nina
Posted by: Kabous | 2004/11/02

Dankie.
Dit wat julle almal vir my gese het is die waarheid en ek weet dit.
Ek het vir haar ook gese sy moet die saak eers afhandel en dan kan ons kyk na n verhouding.Ek moet ook net se ek is n rustige persoon,maar ek is n baie aan die gang ou.Haar man hou hom daagliks en naweke besig met drank en ek is weer elke naweek besig met 4x4 ry en meeste van die naweke jaag ek met my quad bike n Yamaha 660 Raptor en dit is baie opwindend en ek weet nie of sy so daarby sal inpas nie.Sy se sy sal,ek sal moet kyk.Ek is net moeg om al hierdie dinge altyd alleen te doen.

Reply to Kabous
Posted by: ec | 2004/11/02

Kabous - net jy kan natuurlik besluit wat jy gaan doen - maar ek stem saam met die res : jy soek nou moeilikheid waar jy eintlik net rus en vrede ken. nee wat man, laat die dame eers haar sake afhandel (alles!!) en kyk dan weer..... jy wil tog nie vir jouself allerhande probleme op die hals haal nie (en onthou jou kinders sal ook betrokke wees!!)
dink mooi en sterkte!

Reply to ec
Posted by: lady nina | 2004/11/02

hello Kabous

jy het regtig baie om oor trots te wees en glo my daar is van ons vrouens wat nie na jou salaris chq kyk nie maar na jou geaardheid en glo my jy is a catch vir enige vrou wat probleme het

jou lewe is uitgesorteer en probleme is onderbeheer en nou begin jy rusteloos raak en soek graag daai een speciale vrou wat saam jou n lewe kan deel, dis normaal en wonderlik enna teken dat daar genesing plaas geving het in jou hart

maar hoor my hart vandag, ek was self in a ongelukkige huwelik en verstaan so bietjie hoe ons vrouens se kop werk
jy is alles wat die dame wil he en sy begeer dit wie jy is as persoon en die lewens styl wat jy ( oor baie jare en met baie trane) vir jou self bewerk het, maar daar is a ding wat se " no pain, no gain" jy het deur a swaartyd gegaan en dit het jou karakter gevorm en jou n beter mens gemaak, jy het a negatief verander in a positief

die dame het ook keuse om te maak, sy kan haar man los en deel met haar probleme en deur dit groei maar sy wil nie die prys betaal nie, sy wil nie deur die swaarkry gaan en haar karakter vorm sodat sy a beter mens is nie, sy wil dinge die maklike manier he en a goedkoop verhouding met jou aanknoop maar nogsteeds vanaand agter haar man se rug in kruip... en sy geld geniet

die dame kan hoe wonderlik wees maar sy is a egbreuker( nerens in die bybel waarsku die woord teen manne nie maar wel teen n listige vrou) sy begeer jou en jou lewenstyl ( jy mag nie begeer nie) en sy ry naweke verby jou huis in plaas van tyd op haar knie te spandeer en haar probleme deur te bid.
sy het nie n Godelike karakter nie my vriend al se sy wat, en glo my sy gaan oor 3 jaar verveeld raak met jou rustige lewens wyse en terug verlang na die storm en drang huwelik wat sy nou het, as sy haar man kan verneuk sal jy jou ook verneuk

sy soek haar geluk in jou en gaan in die verhouding met baie 'NEEDS" en dis verkeerd sy moet vervulled en gelukkig met haar self wees binne haar omstandinghede en dan betrokke raak in a verhouding omdat sy wil "gee" en nie omdat sy "wil he" of " nodig het nie", elke mens is verantwoordelik vir sy eie geluk en deur verantwoordelikheid vir ons keuse te vat.

die dame moet self die krag binne haar ontdek wat haar uit die gemors kan trek sy moet haar pyn en leiding in a positief verander sodat sy ook a mooi karakter soos jy kan he en as sy op a plek in haar lewe is waar sy " content en happy" is, dan my liewe vriend kan jy weer jou vriendskap hervat

glo my jy dink jy kan haar help en haar redder wees maar jy kan nie, sy moet haarself eers help en sy het a Redder wat meer bevoeg is as jy maar sy laat hom nie toe om haar te help nie

Los die girl en op die regte tyd sal jy iemand kry wat jou waardig is en wat vir jou en jou kinders geluk gaan bring, moet nie nou 7 jaar se hardetyd weg gooi deur een verkeerde keuse nie

"once a cheater always a cheater"

nina

Reply to lady nina
Posted by: P | 2004/11/02

Kabous! Lekker om verlief te wees. ne!

Probleem is net dit maak mens afhanklik van die persoon en dan neem mens irrasionele besluite. Los sy hom nou (met jou as 'n geelwortel van beskikbaarheid) en dinge gaan nou en dan verkeerd tussen julle dan gaan dit maklik wees vir die verwyte om te begin vlieg, glo my dit sal gebeur, al dink jy nou sy is so oulik en jy sien net die mooi kant, want jul fokus nou net op hoe 'n bad guy haar man is, en seker is hy, maar hoe weet jy sy speel nie 'n rol daarin dat die man nie tuis wil wees nie, hoe sal jy weet?

Julle kan mekaar slegs in 'n normale situasie leer ken en DAN besluit of jul kans sien nadat sy haar man verlaat het en sy 'n ruk op haar eie woon, nie deurdat sy reguit van hom af in jou arms invlieg nie. Sy lyk nou vir jou soos 'n begeerlike perske wat vanaf buurman se boom langs die grensdraad oorhang.

Onthou net dat in haar situasie soek sy 'n anker om op staat te maak (menslik), in jou situasie is jy die ideale teiken, jy weet nie regtig hoe sy oor jou sou voel indien haar man bv. more omkap van 'n hartaanval nie, dan kyk sy dalk met nuwe oe na jou. Maklik om die dinge te se as mens nie self in jou situasie in nie, en dis nie lelik bedoel nie. Jy is in 'n ideale situasie soos jy dit skets waar jy kan kies en keur, soek iemand wat beskikbaar is, dit sluit haar in, maar moenie deel wees van die proses/aansporing waarin sy haar man los nie.

Die ou sal moet bewys lewer dat jullle bv intiem was voor hy werklik gronde het om te bewys dat jy die oorsaak van die opbreuk van sy huwelik was, maar al gebeur dit nie en jul het voor die egskeiding betrokke geraak, en hy is 'n bad guy, kan hy maar daarna dalk 'n doring in jou vlees word. Moeilik om heirdie beskikbare vleisie nou nie te gryp nie, ek weet, en sy sal gaan vir jou om jou te "commit" of bloot net vas te maak. Ek se weer, sy moet in 'n posisie kom soos al die ander ebskikbare dames daar buite: reeds op haar eie, en dan vat jy dit tsadig en kyk of jy nog belangstel en of sy nog belangstel, wie weet, as sy eers op haar eie is, is jy nie meer so belangrik vir haar nie, so dalk fokus sy (onbewustelik) tans vir die verkeerde redes op jou.

Reply to P
Posted by: Kernel | 2004/11/02

I agree with Lulu. Don't put pressure on her to make a decision - she has to make that decision on her own. If she is not happy in her marrriage and her husband is not prepared to do something about it, only then she should consider a divorce.

The right thing to do would be to wait until she has divorced her husband before starting any relationship with her. An affair now would be adultery and definately the wrong thing to do.

Does she have any children and what would be her position if she divorces her husband?

Reply to Kernel
Posted by: lulu | 2004/11/02

Dis maklik. Sy is getroud, so los dit. As sy regtig vir jou omgee sal sy nie van jou verwag om betrokke te raak by haar terwyl sy getroud is nie. As haar man haar so sleg behandel en sy wou hom al 3 keer skei, moet sy plan maak met haar lewe. Jy kan nie vir haar daardie besluit neem nie.

Moet ook nie die oorsaak wees van 'n besluit wat sy dalk later kan berou nie. Jy kan vir haar daar wees en haar ondersteun, maar moenie haar besluit om te skei of nie vir haar neem nie. Dis iets wat sy self moet doen.

Sterkte!

Reply to lulu

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement