advertisement
Question
Posted by: Morne | 2008/01/29

Brood vs Crackers

More Doc

Ek hoop doc het 'n lekker kersfees en nuwe jaar gehad.

Net gou twee vra. Ek sukkel maar om met die volgraan brood oor die weg te kom. Ek is of was verslaaf aan witbrood. Ek het begin om die Wheat Crackers te koop en geniet dit verskriklik. Ek eet dit gewoonlik met vetvrye maaskaas en tuna of hoender. Hoe vergelyk Crackers met lae GI brood? En hoeveel Crackers kan mens eet as 'n maaltyd met maaskaas en tuna?

Dan sien ek Coke Light bevat net 1kj per 100ml. Is dit werklik so? Dit klink net te goed om waar te wees.

Dankie vir die raad.

Morne

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Morne
Baie dankie vir die goeie wense. Ek het 'n lekker vakansie gehad en vertrou jy het ook? Die volgraan beskuitjies is natuurlik gesonder as die witbrood - dit bevat meer vesel, B vitamiene en minerale, maar aangesien dit van koring gemaak word, sal dit glisemiese indeks (GI) hoog wees en nie kan vergelyk met lae-GI brood. Algemeen gesproke word 2 beskuitjies beskou as een porsie wat ekwivalent is aan 1 x 25 g sny witbrood. Jy kan dus 4 daarvan eet vir jou maaltyd. En die energie-inhoud van 'Coke Light' is regtig net 1 kJ per 100 ml aangesien dit met kunsmatige versoeters gemaak word.
Geniet dit
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement