advertisement
Question
Posted by: Shanti | 2004/10/04

Broer

Hi Doc,
Ek het n broer wat n probleem is, hy is 34jr. oud is baie bederf deur my ma, hy het nie matriek nie, en deur die jare kan hy nie n werk hou nie, hy was al selfs 3jr. sonder werk en het nie eens probeer om werk te kry nie. My suster het hom finansieel onderhou maar hy toon geen dankbaarheid nie, hy het geen skuldgevoel nie, hy het ook 2 kindertjies by n vrou maar hulle is nie getroud nie. Hy tree onverantwoordelik op, hy leef in n droom wereld van hoe om vinnig ryk te word, n mens kan nie met hom kommunikeer nie want hy is in homself gekeer, hy haal ook sy irretasies en agressie op sy twee kinders uit, hy wil ook niks saam met sy verloofde en sy kinders doen nie, hy gaan nie saam met hulle dorp toe nie, hy wil nie saam met hulle uit eet nie, kortom wil hy niks doen nie, hy sal ook nie eens n gloeilampie vervang nie. Verder het hy die snaakse gewoonte om sy uriene in bottels op te gaar.Ek en my suster het al gewonder of hy nie n sielkundige probleem het nie, en of hy nie dalk aan depressie ly nie, ons het al die voorstel aan hom gemaak om na n sielkundige toe te gaan maar hy wil nie.Hy sonder ook een of twee mansvriende uit en as hy in hulle geselskap is dan blom hy, maar met sy verloofde praat hy sommige dae skaars. Ons het al gewonder of hy nie dalk gay kan wees en dit onderdruk nie. Hy is tans nou in n werk maar wil dit Desember weer los omdat hy nou groente wil gaan smous, ek het my voorgeneem om hom dan te se om my huis te verlaat, wat doen n mens met so n persoon?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Ah, Shanti, getting work can be hard to do, but it's impossible if he doesn't try. Maybe he's discouraged at not having succeeded yet. Maybe he's llooking for work for which he's not qualified or suited. Sounds like he's not very interested in being realistic about this, but presumably others are covering his costs and expenses. He sounds, dare I say it, lazy ? he doesn't really sound depressed, from your description, but only a proper asessment by a shrink could make sure about that. if he was gay, he'd be very unlikely to have managed enough interest and energy to have 2 children, and it wouldn't make him lazy --- most gays, like most straights, are as energetic and hardworking as anyone else. Advise him to keep this job he has now, and to sell the vegetables in his spare time and weekends, to see how profitable it is ( or isn't ).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Listener | 2004/10/04

Kry hom by 'n psigiater al is dit op 'n slingse manier.
Hy het hulp nodig en daar is baie medikasie beskikbaar wat hom gaan help.
Dis miskien nie sy skuld dat hy so is nie. Dis die kemikalia in sy brein wat nie eweredig is nie.

Hoe meer julle aan hom por, hoe moeiliker gaan hy wees want diep binne weet hy wat julle se maar hy kan dit nie self verander nie.

Reply to Listener

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement