advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2012/08/29

Breinvliesontsteking

Hallo Dokter

Ek lees vanoggend in die koerant van ''n tiener meisie wat dood is aan breinvliesontsteking. Ek weet van die simptome soos naarheid, hoofpyn, stywe nek en uitslag. Hierdie meisie het gekla van moegheid, maagpyn en beenpyn. Toe sy ernstig siek word en die ander simptome begin wys, was dit reeds te laat.
Dit maak my baie bekommerd. Dis ''n ernstige siekte wat mens so vinnig moontlik by ''n dokter moet uitkom. Maar mens kan tog nie vir elke maagpyn en hoofpyn dokter toe gaan. Ons sal die dokters mal maak.
Hoe weet ''n mens wanneer is dit meer as die gewone maag of hoofpyn? Want as mens wag om te sien of jou kind beter word, kan dit dalk te laat wees.
Is daar ''n enting wat mens kan kry vir beskerming teen breinvliesonsteking?

Baie dankie vir u tyd
Lizzy

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Lizzy

Ja, jy kan beslis jou dokter vir 'n inenting teen breinvliesontsteking konsulteer. Breinvliesontsteking het nie altyd die klasieke tekens nie. Daar sal wel 'n koors teenwoordig wees. Indien jou kind kla van maagpyn en lyfseer, met 'n gepaardgaande hoe liggaamstemperatuur van 38.5 en hoer, sal ek voorstel dat jy jou dokter konsulteer.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Edhy | 2012/09/15

posted here: Using tech to battle STDs HealthyCal.org This entry was psteod in Uncategorized and tagged anal-sex, big-impacts, county, onset, program,

Reply to Edhy

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement