advertisement
Question
Posted by: Son | 2004/10/15

Brand gevoel

Ek is op 'n dieet. Ek wil net weet waarom ek in die aand so na agt uur se kant 'n brand gevoel op my maag kry. Dit is vandat ek met die dieet begin het. Dit is nou al amper 'n week.
Maandag
oggend: Weetbix
middag: 1sny toast met kaas
aand: hoender en groente
Dinsdag
oggend: gestoofde vrugte
middag: 2 gekookte eiers
aand: vis en slaai
Woensdag
oggend: yogurt en 'n vrug
middag: 2 vrugte
aand: 1 aartappel en groente
Donderdag
oggend: graankos
middag: 6provitas en kaas en 1 vrug
aand: pasta met uie en tamatie
Vrydag
oggend: yogurt en 1 vrug
middag: 1 groente
aand: vis en slaai of 1 gorente
Saterdag
oggend: Gestoofde vrugte
middag: 1 toast met marmite
aand: 1 aartappel en 1 groente
Sondag
oggend: gestoofde vrugte
middag: hoenderslaai en 1 groente
aand: 2 gekookte eiers
Dit is 'n 4 weke program en dan wissel dit net af met tuna slaai ens.
Is dit gesond vir my, en waarom die honger gevoel wat dan brand in die aand?
Dankie baie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Son
Dit is moontlik dat jy neig om baie maagsuur te produseer en as jy te min eet, dan begin dit op kou maagwande inwerk en veroorsaak die brandgevoel. Ek dink dat jou dieet te minimalisties is en nie dat dit vir jou probleme kan veroorsaak. Probeer 'n lae-vet, hoë-vesel dieet (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie) en gebruik dit saam met oefening gewigsverlies te veroorsaak. Hierdie dieet sal jou ook help om gewig te verloor, maar dit gaan jou nie laat honger ly nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement