advertisement
Question
Posted by: Kleinhond | 2007/05/21

Bosluise en vel

Ons hond het so bietjie deur geloop met die bosluise en tans daar wat die bosluise was is 'n groot knop wat geswel is met 'n roof. Dit lyk ook of dit so bietjie jik. Wat kan ek aansit vir hom om die seer plekkies vinniger gesond te maak en vir hom so bietjie verligting te bring... Ek dink ek stress dalk meer oor die seerplekkies as hy, en is bang dit raak ontsteek... Help asseblief.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Die swelsel kan 'n klein abses wees. 'n antiseptiese salf soos Savlon sal help om klein seertjies gesond te maak.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Chill | 2007/05/21

As daar 'n groot knop is, klink dit vir my dis alreeds ontsteek. Jy gaan dit fyn moet dophou - die belangrikste ding is om die 'knop', wat waarskynklik 'n abses is, te dreineer.

Vat 'n skoon waslappie, maak dit nat met warm water, en hou dit 'n paar minute teen die knop terwyl dit nog warm is - so warm moontlik sonder om die vel (of jou hand) te brand. Doen dit etlike kere per dag, tot did knop bars en die wond dreineer - hou dan nog aan met die lappie tot jy kan sien die ding lyk gesond. Ontsmet na elke behandeling die lappie (Dettol of Savlon), en moet dit natuurlik nie vir ander goed gebruik nie.

Wees versigtig met wat jy op die wond smeer - moenie dat die vel te vinnig genees nie, want dit sal die dreinering van die onstoke goed belemmer.

As die hond ENIGSINS nie reg lyk nie, vat hom dan inmiddelik veearts toe. Daar is 'n moontlikheid van bloedvergiftiging, maar buitendien is bosluise draers van billiary, en dit is sonder behandeling meesal noodlottig vir 'n hond. Dit beteken dus as sy eetlus nie absoluut normaal is, of hy lyk dowwerig - moenie te lank wag nie, die siekte kan baine vinnig ontwikkel tot 'n stadium waar dit ongeneesbaar is.

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement