advertisement
Question
Posted by: ekke | 2007/03/02

borsvoeding en gewigsverlies

ek is 25 jaar oud 1,70m lank en ek weeg 57,5kg. ek borsvoed my dogtertjie, wat oor 2 weke 'n jaar oud word. ek wil weet of dit regtig so is dat borsvoeding jou laat gewig verloor, veral vir my wat al vir 'n jaar borsvoed? hoeveel kilojules kan ek inneem per dag sonder om 'n gram gewig op te tel???

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Ekke
Aangesien jou huidige BMI = 19,9, wat baie laag is, sal dit uiters verkeerd wees om nog gewig te verloor. Om 'n ideale BMI van 22 te bereik, behoort jy 63 kg te weeg! Nou om jou vraag te beantwoord: borsvoeding gebruik ekstra energie (ongeveer 2100 kJ per dag vir die eerste 6 maande) en by baie vrouens veroorsaak dit dat hulle of die gewig wat hulle met swangerskap opgetel het, weer verloor, of dat hulle selfs addisionele gewig verloor. In jou geval waar jy alreeds amper ondergewig is, behoort jy dus 10 500 kJ per dag in te neem terwyl jy nog borsvoed, en as jy ophou (en jy kan dit nou oorweeg want jou kind is al een jaar oud), dan sal jy 9 200 kJ per dag kan inneem sonder om gewig aan te sit - maar in jou geval sal ek eintlik aanraai dat jy wel probeer om meer te eet om tot 'n ideale BMI op te gaan.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement