advertisement
Question
Posted by: Girly | 2007/04/17

Borste verklein

Hi daar

Die laaste paar maande het my borste kleiner geraak, van n halwe C na n A cup. Ek het gedink dit was omdat ek gewig verloor het, maar eintlik het ek gewig opgetel orals behalwe my borste.

Toe wonder ek nou, kan dit weer omdat ek op die inspuiting begin gaan het? Is dit moontlik dat ek nou minder estrogeen in my liggaam het en dat dit my borste kleiner maak?
Indien dit die rede is, sal dit help as ek estrogeen pille of room gebruik? En kan enige een sommer estrogeen pille gebruik of moet dit voorgeskryf word en het dit enige nadele?

Enige hulp sal waardeer word, ek mis my borsmates en sal hulle graag wil terug he wil daai volle cleavage effek ;)

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Girly
Die inspuiting behoort nie borsverkleining te veroorsaak nie - dit veroorsaak baie keer borsteerheid en swelling. Die enigste redes vir natuurlike borsverkleining is verlies aan vet weefsel en krimping van borskliertjies agv hormonale veranderings. Miskien moet jou GP net 'n hormoon bloedtoets doen en kyk - dis darem baie om te krimp in 'n paar maande?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Girly | 2007/04/18

Dankie vir die antwoord, ek sal met my dokter gaan praat ja. Dit is nou al seker so 7 maande. As my bloedtoets met geen probleme terugkom dan sal ek maar net BAIE eet en begin gym sodat die vet nie op my maag gaan sit nie hehe.
Maar gelukkig weet ek nou dat dit nie te doen het met die inspuiting nie.
Dankie :)

Reply to Girly

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement