advertisement
Question
Posted by: dollies | 2005/05/31

BORSKASPYNE

Des 2004 het ek die lam pyne in my linker arm gekry en is daar toe 'n angiogram op my gedoen. Soos ek verstaan het het my are te veel letstels gehad en kon hulle dit nie oopmaak nie ( met veertjies of so iets nie) maar het hulle 'n angio seal ingeplant. Ky kardioloog het ook vir my sulke klein wit pilletjies voorgeskryf wat ek glo onder my tong moet sit as ek borskas pyne kry. Ek het so groot geskrik maar het nie ordentlik geluister na wat my doktoer gesê het nie. Ek kry die laaste paar dae so 'n effens pyn onder my linkerkantste bors wat sommer weer vanself weggaan. Moet ek die pilletjies nou gebruik of sal dit 'n erge pyn wees wat ek ervaar wanneer ek die pille moet gebruik. Die Dr het ook gesê dat indien die pyne weggaan/ nie weggaan na ek die pille gebruik het moet ek hom dringend kom sien. Nou weet ek nie moet ek die pille gebruik en in wel in watter geval moet ek hom besoek nie. Dink u dat u my hieroor sal kan adviseer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Beste Dollies,

Die pille onder die tong word gebruik sodra jy enige borskaspyn ervaar, of selfs as jy daardie lam gevoel in jou arm weer kry ( wat ‘n teken is van hartspier wat nie genoeg bloed kry nie). Die pille laat die kroonare wyd verslap, sodat meer bloed by die hartspier kan uitkom. Jy moet nie wag vir ‘n erge pyn nie – jy weet hoe die pyn gevoel het, so behandel dit gou. As jy te lank wag, kan die spier so lank sonder bloed wees dat jy ‘n hartaanval kry.

Daar is nie gevaar sou jy die pille “te vroeg” gebruik nie. Miskien sal jy ‘n hoofpyn kry, want die pille werk ook op die are in die brein. Maar, as die pille NIE die pyn verbeter nie, moet jy DRINGEND jou dokter laat weet, of vir iemand vra om vir jou dadelik na die nooddienste eenheid te vat, waar jy suurstof en binne-aarse pyn middels kan kry.

Ek kan nie sê of die linkerborskaspyn hartpyn is nie, maar as dit nie van self verdwyn nie (sommer gou) dan stel ek voor dat jy een van jou pilletjies probeer. Dit sal gou die antwoord gee.

Sterkte.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: dollies | 2005/06/01

Dankie Dr - ek begryp nou beter. Ek het sommer dadelik een van die pilletjies geneem en die pyn is reeds weg.
Jy lewer 'n wonderlike diens vir ons persone wat nie ons dokters vir elke skeet wil -|- ak nie. Ek kan ook na jou antwoord terugkyk as ek nie mooi verstaan nie - ek wil tog nie vir my Dr vra om weer te verduidelik nie!!!
Baie dankie!!!

Reply to dollies

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement