advertisement
Question
Posted by: goose | 2006/10/30

bmi

hallo dokter
lank laas geskryf. hoop dit gaan nog goed? hierdie kant gaan dit baie goed. met al die oefen en gi kosse gaan dit ook baie goed. na my laaste skrywe het ek heeltemal van dieet verander in die sin dat ek net konsentreer op lae gi. wat ek vandag baie graag wil weet. hierdie jaar wat verby is het ek nie so baie gewig verloor nie maar wel in cm. ek wil baie graag by weigh-less aansluit maar wil verhoed wat voorheen gebeur het. die storie rondom spiermassa wat meer weeg. die moeilikste gedeelte vir my was om weg te bly van die skaal. sou ek hulle dieet volg soos voorheen hoe verduidelik jy dat my gewig swaarder sal wees as die normale en my bmi wys baie meer as wat dit seker veronderstel is om te wees. my bmi is steeds die van oorgewig maar ek het 3 rok groottes kleiner geword. ek is net 1.55m hoog en weeg 62kg. ek het nie 'n greintjie vet aan my lyf maar verloor ook nie meer gewig. ek aanvaar dat my spiere sterk is en my spiermassa is gemeet deur bio by gym. 16% vet massa en 49,8% spiermassa. hoe verduidelik ek my bmi van ek dink 25% volgens gewig en lengte?
my kosse wat ek eet is steeds gebasseer op die porsieplan net meer omdat ek ongeveer 60km per week oefen en dan nog deel neem aan wedlope. probeer om nie te konsentreer op hierdie tegniese aspekte nie, maar dit het mind-gewys 'n effek op 'n mens. ek is skaam om vir mense te se wat ek weeg want dan word daar gese jy is vet.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Goose
Wel jy het baie reggekry in hierdie jaar - 3 rokgroottes is nie te versmaai nie! Mooi gedaan. Jou huidige BMI = 25,8, wat wel bokant die normale reikwydte is (17-25), maar jy doen so baie oefening dat ek dink jy het besonder baie spiermassa opgebou en soos jy sê, spierweefsel weeg meer as vetweefsel. Ek dink jy moet net so aangaan - eet lae GI kosse en doen jou oefening en los enige veranderings in dieet, ens, uit. Soos hulle in Engels se: "Don't mess with a winning formula." En bo alles, moenie vir mense sê hoeveel jy weeg nie. Wat het dit per slot van sake met hulle te doen? Jou vet% is ver onder die van 'n gewone vrou (gemiddeld 24%), wees dus trots op wat jy reggekry het en vergeet van 'die ander mense'.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Fun Guy BFFM | 2006/10/31

Body mass index is a ratio of your weight to your height (wt/ht2). A BMI of over 30 indicates that some weight should be lost. The ideal range is between 18.5 – 25. When looking at BMI, it is also important to take body fat analysis into consideration. 

A BMI over 40 is a severe health risk. BMI is not appropriate for anyone less than 18 years old, competitive athletes, body builders, pregnant or nursing women or frail elderly people.
Your weight is just a number, who cares what it is, rather show them your abs and they will know you are not fat.

16% body fat for a girl is very good.

Reply to Fun Guy BFFM

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement