advertisement
Question
Posted by: DR | 2004/11/19

BMI

Hi DietDoc,

Wil net graag iets weet: 'n BI van 22 word beskou as ideaal. Myne is wel 22, maar hoekom het ek dan TONNE vet (nee, ek oordryf nie!!)...vetrolle om die maag, love-handles, the works. Dis baie deurmekaar...kan jy moontlik verduidelik??

Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste DR
Wie het die BMI uitgewerk? Doen dit soos volg: lengte in m x lengte in m = 'n getal. Deel dan jou gewig in kg deur die getal wat jy bereken het, bv lengte = 1,6, dus 1,6 x 1,6 = 2.56. Gewig = 56 kg, dus 56/2.56 = 21,9 = 22.
As jou BMI tussen 18 en 25 is, dan is jou gewig normaal. Sodra dit verhoog, dan word die persoon as oorgewig beskou (25-30) of vetsugtig (30 +).
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: science | 2004/11/19

Beste sal wees as jy 'n analise laat doen van jou liggaam se samestelling (miskien by jou gym, of jou dokter of sommige apteke wat dieetklinieke inkorporeer), maw wat jou vet en 'lean' liggaams persentasies is. Dis kan wees dat jy op die regte gewig is, maar dat jy agv 'n te streng dieet spiermassa verloor het ipv vet massa. Dan sal jy moet begin oefen om jou spiermassa te verhoog, wat intussen terselfdertyd jou vetmassa sal laat afneem. Jou total liggaamsgewig sal nie verander nie, maar die vet sal verdwyn of verminder.

Reply to science

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement