advertisement
Question
Posted by: Mario | 2007/06/11

Bly Honger

Goeie dag almal

Ek bly honger. Ek het my dieet aangepas sodat ek 6keer 'n dag eet. Maar veral tussen 11h00-14h00 en weer 08h00-22h00 raak ek verskriklik honger. Ek is 26jaar oud, 1.81m lank, weeg 80kg en my bodyfat is 18.1. Ek wil net bodyfat afbring tot so 14. My eetplan lyk soos volg:

06h00 - pronutro wholewheat met skim melk

10H30 - 'n lemoen

13h30 - 6 provitas met peanutbotter en kaas

15h30 - 10 druiwe korrels en 3eetlepels yoghart

18H00 - gestoomde vis, groente en aartappel

20H00 - vrug.

Dit wil voorkom dat dit nie genoeg is vir my nie. Ek is nie verskriklik agtief nie. Ek loop baie by my werk.

Kan iemand dalk raadgee

Dankie baie

Mario

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Mario
Geen wonder dat jy honger word - die dieet wat jy beskryf is gans te laag in energie en ook laag in kalsium. Ek wil graag voorstel dat jy kyk na die verslankingsdieet op hierdie Webwerf. Dit is 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel-dieet te gebruik wat al die voedselgroepe insluit (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld daarvan). Vergelyk wat jy tans eet en die porsies met hierdie dieet se voorstelle en maak die nodige aanpassings. Jou huidige BMI = 24,3, wat al reeds in die normale reikwydte (18-25) val. Om 'n ideale BMI van 23 te bereik, behoort jy slegs 5 kg te verloor. Dit sal wel jou vet% verlaag, maar die beste manier om vet% af te bring, is om wel aërobiese oefening te doen (bv. fietsry, swem (in 'n verwarmde swembad in die winter!), touspring, hardloop, ens). Probeer om ten minste 30 min se aërobiese oefening te doen elke dag, dan sal jou vet% wel verminder.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2013/06/05

se my asb wat kan vout wees as ek elke 5 uure honger is

Reply to Anonymous
Posted by: Y | 2007/06/14

Hi Mario,

Ek's nie 'n ekspert nie, maar ek is seker dat DietDoc vir jou gaan vertel dat jy hopeloos te min eet. Ek sou raai dat jy omtrent die hoeveelheid kos eet wat 'n onaktiewe oorgewig vrou wat gewig probeer verloor moet eet. As 'n man met 'n normale gewig (al is daar speling vir 'n bietjie vet verlies), moet jy ten minste die helfte tot dubbel soveel eet as wat jy in jou eetplan aandui.

Reply to Y

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement