advertisement
Question
Posted by: g | 2004/02/16

bloeiende maagsere

Is daar enige ander manier as 'n gastroskopie om uit te vind in watter toestand my maagsere is? Die laaste gastroskopiee het gewys dat die onderste deel van die maag en die eerste deel van die dunderm (ek dink) vol sere is. Ek was lank op behandeling, maar die pille is ongelooflik duur. Die laaste tyd is die pyn baie erger en ek voel dit tot tussen my blaaie (is dit moontlik?) Ek is ook baie bloedarmoedig en reageer nie op die ysteraanvullings nie. Is dit meskien moontlik dat my maag bloei en wat moet ek in so 'n geval doen? Ek voel al klaar elke dag so verskriklik moeg en ek wil nie graag vir 'n operasie gaan nie. Jammer vir die kla, maar kan dokter my asseblief adviseer? O ja, hulle het laas vir daardie bakterie getoets en dit was posetief, maar dit was 'n paar jaar gelede.

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

G, dit mag definitief wees dat jy bloei en dat die oorsaak is van jou simptome. Die beste sal wees om so vinnig as moontlik vir ‘n gastroskopie te gaan want dit mag gevaarlik wees. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

8
Our users say:
Posted by: Diana | 2015/07/09

My man het n maagsweer wat kan ek vir hom gee om dit gesond te maak

Reply to Diana | 1 comment (hide)
Posted by: Zettie | 2015/10/07

Hi daar ek is nie n dr nie maar ek myself het nog nooit gegaan vir behandeling van n dr af nie ek grbuik slegs n blik kondensmelk gemeng met Lennon se turlington gen dan eet ek n eetlepel vol in die oggend en een weer voor ek gaan slaap in die aand tot dit klaar is en dan gaan ek weer aan vir n paar maande

Posted by: Anonymous | 2015/07/02

Ek wil net hoor kan dit n bloeiende of net n maagseer wees as ek n pyn kry net onder my ribbes in my linker sy? Dit brand en pyn verskriklik. So erg dat ek nie kan asemhaal nie. Somtyds kry ek so erg sooibrand dat geen medisyne wil werk nie. Ek is ook vreeslik hardlywig en word partykeer vlou omdat my dikderm te opgeblaas is. Ek is permanent moeg en is lus vir niks. Ek rook maar baie min, maar as ek probeer ophou begin die pyn weer. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Dit word net al hoe erger. Ek was al by n dokter maar hyt my net gevra of is daar galblaas of nierstene in my familie en toe medisyne voor geskryf. Dit is al 2 jaar terug en elke dag word dit net al hoe erger. As ek te veel eet sukkel ek met my dikderm maar as ek te min eet bly ek honger en intussen verloor ek gewig. Ek is bang om vir n operasie te gaan en sal verkies om dit liewers te vermy. Enige raad asb?

Reply to Anonymous

Posted by: Amanda | 2014/07/05

Ek wil net graag hoor: ek het ook 'n maagseer en dit het die week al drie keer gebeur dat daar baie bloed is in my stoelgang. Is dit a.g.v.die maagseer of is dit iets anders?

Reply to Amanda
Posted by: esme | 2013/12/20

ek wil asb tog net weet is dit n maagseer as dit aan die onderkant van my ribbes net so vuis hoogte verskriklik brand en my rug pyn ook verskriklik het laas nag opgegooi ook moet ek dokter toe gaan die brand is gereeld en die rugpyn die opgooi het net laas nag begin

Reply to esme
Posted by: Susan | 2013/12/07

Kan julle my help asb. Wil net weet of hulle n mens verdowing gee met sluk van die kamera. Baie dankie.

Reply to Susan
Posted by: Belinda | 2013/07/04

Middag my man was al 2x behandel vir bloeiende aambeie en elke keer was dit verwyder nou in die begin van die jaar het die bloeding weer begin en na die laaste operasie het hulle gese dis a.g.v n breuk hy bloei nog baie en ek persoonlik dink die aambeie was nie die oorsaak nie maar wek die maagsweer kan jy my asseblief meer inligting gee omtrent die bogenoemde. Dankie Belinda.................my epos belindak.651@gmail.com

Reply to Belinda

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement