advertisement
Question
Posted by: Spokie | 2004/09/22

Bloedsuiker vlakke

Ek het onlangs my bloedsuiker laat toets en die uitslag was 4.3 wat blykbaar 'n goeie normale telling is. Ek het nou al heelwat plekke gesoek op die internet en nerens se hulle die vlakke op die manier nie alles is word gewys as mg/ol. Wat is die riglyne vir normale bloedsuiker en wat is te laag en wat is te hoog? Ek het my suiker laat toets omdat dit in my familie is en ek heeltyd moeg voel. Wat kan nog oorsake wees van konstante moegheid?

Baie dankie vir dr se tyd!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Spokie, normale vastende bloedsuiker waardes is 2.8-6.1mmol/L.
Moegheid is ‘n baie algemene simptoom en nie spesifiek genoeg om ‘n diagnose mee te maak nie. Algemene oorsake sluit bloedarmoede, skildklier probleme, bloeddruk probleme en te veel werk en te min rus, in. Die beste sal wees om jou dokter te sien en seker te maak dat daar niks ernstig onderliggend is nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

8
Our users say:
Posted by: daphney | 2016/06/18

More my man gebruik die suikerpil in die oggend en middag. Sy maag werk soos water een keer n dag bruin wat kan dit wees kan hy die suiker pil los die pil is metformin 850 drink 1 in oggend en 1 in aand

Reply to daphney
Posted by: Anonymous | 2015/12/31

Is 6.7 in die oggend voor enige kos of vloeistowwe ingeneem is te hoog?

Reply to Anonymous
Posted by: chris abrahamse | 2015/03/20

Ons het my verloofde se suiker met n suiker majien tjie getoets en dit lees 9 mol/l . Wat kan ons doen om dit te normaliseer

Reply to chris abrahamse
Posted by: Anonymous | 2014/12/03

Goeie dag Ek het so 2 jaar terug die slegte nuus gekry dat ek n diabeet is en die toets was 21.5. ek het begin pille drink daarvoor en het baie siek geword, dit het soms gevoel of ek nie eers my arm kon oplig nie, toe los ek dit. En het toe weer normal begin lewe. Die laaste tyd kan ek nie juis ver sien nie als blir, ek het toe maar besluit om vir my masjientjie n nuwe battery te kry. Gister middag het dit so 19.5 getoets. Gisteraand eet ek waartlemoen en die masjientjie toets toe 34.5 en ek voel eintlik okay het net n ligte hoofpyn gehand. Ek het gedink die masjientjie is foutief en almal moes toe die toets deurgaan en hulle sin toets so 6.5 na die waartlemoen etery. Kan n mens se bloedsuiker so hoog lees en n mens voel nog okay. Groete Sylvia

Reply to Anonymous
Posted by: Elsie | 2013/05/31

Wat is die normale bloedsuiker vlakke. Party dae is my suiker 5.4 en ander dae is my suiker bo 8

Reply to Elsie | 1 comment (hide)
Posted by: kobus | 2015/03/13

wat is die boedsuiker vlakke vir normaal en vir hoog

Posted by: Elsie | 2013/05/31

What is the normal bloodsugar level

Reply to Elsie | 1 comment (hide)
Posted by: kobus | 2015/03/13

wat is normaal en wat is hoog

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement