advertisement
Question
Posted by: Elize | 2005/07/04

BLOEDSIRKULASIE

Ondervind soggens (so ongeveer 1 to 2 ure nadate ek opgestaan het) dat vingers van vingerpunte tot so in die helfte van die vinger 'sonder bloed' is - spierwit en koud. Duur so 20 minute waarna vingers weer rooi word (ondervind speldeprikkels).

Saans so om en by 6 uur word hande vuurwarm en bloedrooi en is geneig om erg te swel.

Kan ek iets doen om dit te verhoed - nie pynlik nie, maar erg onaangenaam.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Elize, dit klink asof dit Raynaud se siekte of fenomeen mag wees. Raynaud se siekte is ‘n gebrek aan suurstof in al jou vingerunte as gevolg van spasmavan die arteries. Die oorsaak is onbekend, dit word nie geassosieer met enige ander siektes nie, dit verskyn tussen die ouderdom van 15 en 45, is amper altyd beperk tot vroue en word gewoonlik erger met tyd. Dit gesê, dit is gewoonlik ‘n benigne siekte toestand met ‘n goeie prognose. Raynaud se fenomeen is wanneer dieselfde in ‘n mindere graad gebeur in assosiasie met ‘n siekte toestand. Dit is dikwels beperk tot een of twee vingers en is meestal minder uitgesproke. Die prognose is die van die onderliggende siekte toestand.
Die beste sal dus wees om jou dokter te sien en seker te maak dat daar nie iets onderliggend is nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement