advertisement
Question
Posted by: Lu | 2007/11/28

Bloeding op brein, Milt verwant?

More dok.

My suster is vrydag opgeneem nadat haar bloeddruk baie baie hoog was en sy basies bewussyn verloor het.
Hulle het eers gedink dit is dalk beroerte, maar na toetse gevind dit is nie.
Haar bloeddruk was verskriklik hoog, en daar is gevind sy het bloedding op haar brein en dat sy basies geen bloedplaatjies het nie.
Gister het die dokter gese dat hy vermoed dat dit iets te doen het met haar milt.
Nou my vraag is, hoe kan die milt haar simptome tot gevolg he? Ek is absoluut leek op hierdie gebied en probeer net verstaan sodat ek beter vir ons ma kan verduidelik wat buite haarself van bekommernis is.
1. Wat is die funksie van die milt en
2.wanneer sal dit haar bloedplaatjietelling so beinvloed dat dit lei tot bloeding op die brein.
3.Wat veroorsaak dat die milt dan so wanfunksioneer?

Baie dankie.
Lu.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lu
'n abnormale milt kan gesonde bloedselle afbreek en dan 'n tekort aan sekere bloed selle veroorsaak. Die werk van die milt is om ou of abnormale bloedselle op te vang, af te breek en te verwyder uit die bloedstroom. As jou plaatjie telling te laag raak, is jy geneig om spontane bloedings te ontwikkel.
vir oorsake - kyk http://www.healthatoz.com/healthatoz/Atoz/common/standard/transform.jsp?requestURI=/healthatoz/Atoz/ency/hypersplenism.jsp
Sterkte - hoop sy word gou beter.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement