advertisement
Question
Posted by: Lovie | 2007/05/15

Bloeding na keiser!

Dok, help seblief, ek dink hier is groot fout. Ek het 5 weke gelede 'n Keiser gehad (2de kind) en gister-aand het ek baie begin bloei! en ek meen emmers vol met donker bloedklonte tussen in. Ek was Hospitaal toe en hulle het my opgeneem, met drip en later het Ginekoloog gekom en my ontslaan. 'n week later en ek het weer so baie gebloei. Ginekoloog het 'n D & C kom doen (skraap?) en na die skraap het ek opgestaan en maar net verder gebloei! later bloeddigtheids toets laat doen en ek is nie 'n bloeier nie. Dis nou 1 week later en ek bloei soms strome en soms net bietjie. Ek is bang.. moet ek 'n Histerektomie hê om die bloeding finaal te stop? Ek is 30 jaar oud.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Lovie
Dit sal darem die laaste uitweg wees – is die bloed donker of helder rooi? As dit donker tot swart is is dit bloeding agv die uterus wat nie mooi saamtrek nie, of agv hormoonwisselings. As dit helder rooi is, is daar dalk ‘n aartjie wat nie mooi afgebind is nie. Ek weet mens wil dit nie doen nie, maar le maar op jou gyne se nek – hy moet iets doen as dit net aanhou en aanhou – jy gaan bloedarmoede kry en dan ook nie vir baba mooi kan versorg nie. As nodig gaan asb vir ‘n 2 de opinie by ‘n ander ginekoloog!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement