advertisement
Question
Posted by: Ronel | 2007/02/25

Bloeddruk

VIr 'n geruime tyd het ek hierdie "ek-voel-net-nie-lekker" SIEKTE? Ek is altyd moeg en gedaan, kan nie konsentreer op dit wat ek doen nie, sommer net lus vir niks. DIe enigste abnormaliteit met bloedtoetse was my vastende glukose was 6.1, my hormoonvlak is laag (ek het 6 jaar gelede 'n historektome gehad en gebruik Estraderm 50 plakkers) en dan het die bloedtoetse 'n allergie getoon. Maar ewe skielik het dit begin voel asof ek angsaanvalle kry. My bloeddruk het op en af gegaan (was soms baie hoog) Ek het 'n dieetkundige gaan sien en al wat sy eintlik aan my dieet verander het of bygevoeg het is proteine. Ek kom nou die laaste week agter my bloeddruk is baie laag (99/58). Is dit simptome van bogenoemde en wat kan aan die bloeddruk gedoen word. Ek voel nogal sleg. Sal u raad baie waardeer. Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Ronel
Probeer Effortil perlongets 1 x per dag in die oggend as dit so laag is. Jy kan dalk 'n onderliggende depressie he agv die hormoonvlakke ( serotonien) wat laag is - het dr daarna ook gekyk? 'n Kinderdosis Tryptanol in die vroeg aand (10mg) mag dalk help dat jy dieper slaap en meer serotonien maak

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement