advertisement
Question
Posted by: alet | 2002/12/17

Bloed oortapping tydens operasie

Ek het 2 weke gelede 'n operasie ondergaan en inwendig begin bloei skaars 'n halfuur uit teater. Ek het 2 liter bloed verloor en het bloed ontvang. Ek was drie keer in die teater op dieselfde dag.
Sedert die operasie het ek gedurig koors. Kry warm dat die sweet my aftap en dan die volgende oomblik koud. My hele lyf pyn wanneer my koors hoog is. Dit was nog nie meer as 39 nie.
Is dit agv die skok wat my liggaam opgedoen het? Ek gebruik antibiotika vir moontlike infeksie. Die ander probleem is my middelvinger van my een hand wat na die operasie dood voel en nou begin dit pyn. As dit 'n senuwee is wat vasgeknyp word wat kan daaraan gedoen word?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Alet, dis moeilik om te sê sonder om jou te ondersoek, maar dis waarskynlik as gevolg van die skok wat jou liggaam opgedoen het of moontlik ‘n infeksie wat aan die broei is. Die hand mag wees as gevolg van ‘n senuwee wees wat vas geknyp word, maar dis waarskynlik as gevolg van ‘n drip wat een of ander tyd daarop gesit was. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement