advertisement
Question
Posted by: Clarise. | 2007/12/20

Blaas, stress, en duiseligheid.

Dagse CD,

Ek kry dikwels karbonkels so in die middel van my pubic hare, soveel so dat ek maar altyd een het. Ek stort gereeld maar dit wil nie wyk. Ek het nou een wat al seker 'n maand daar sit en nie wil heal nie. Hy pop en raak beter en vorm weer 'n kop, gaan oop en so gaan dit aan. Ek moet ook elke dag eno's drink want ek brand so bietjie en voel asof ek 'n noot het. Seker maar 'n ligte blaasinfeksie.

Ek is ook nou op Slimming Solution Plus en dit werk ongelooflik goed! Ek het al 11 kilo's geval in so twee maande! Ek vind net dat my sweet ruik na nat hond (suur). Ek wil weet of daai goed dalk my bloeddruk (Dis nou so 100/80) verder kan afbring aangesien ek met erge duiseligheid sukkel. Ek neem nou die volgende meds;

400 Seroquel
1 Eltroxin
2 Disipal
200 mg Lamicton
My psig het 2 Eglonyls 'n dag voorgeskryf, maar onder omstandighede vind ek 5 werk beter. Ek is onder geweldige stres aangesien my male hier is vir twee weke. Hulle is uiters uitputtend en jaag my die berge uit. Met die ekstra dosis vind ek ek kan cope met hulle.

Baie dankie en 'n lekker Kersfees!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Clarise
Sit Bactroban op die karbonkel - die kiem wat dit veroorsaak kom normaalweg op mens se vel voor en dit neem bietjie "oor" by tye! Probeer bad met 'n antibakteriese seep soos Gill of Hibitane. Jy kan ook jou dokter vra om jou op 'n kursus Bactrim te sit om die blaasinfeksie en die karbonkel op te klaar as jy nie allergies is vir Sulfas nie.
Die Slimming solution plus behoort nie jou bloeddruk te laat val nie.
5 Eglonyls per dag is baie maar nog binne terapeutiese riglyne - as dit goed werk, gebruik dit maar solank dit nie langtermyn is nie.
Sterkte met die familie!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: corra | 2008/03/25

wat kan ek gebrui vir blaasinfeksie

Reply to corra

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement