advertisement
Question
Posted by: Champagne. | 2007/08/02

Bipolar en desperaat oor meds.

Goeiedag! Dis goed om dok terug te he! Die anner enetjie was baie oulik, maar mens raak mos maar gewoond aan iemand of hoe?

Anyway, my shrink het my op Lamictin gesit om die Camcolit te vervang. Ek vat nog die Camcolit maar het dit sommer self minder gemaak. In 'n maand en 'n half is ek af van 800 mg per dag na 200.

Ek het ook my shrink gevra om die Seroquel weg te vat aangesien die goed my 'n eetlus gee wat 'n bodybuilder sal laat skaam kry. Ek het daar ook solank 'n vermindering gemaak en vat nou net die aand dosis van 200 mg en nie meer die oggend dosis van 200 mg nie. Die goed help my darem om te slaap in die nag.

Ek het al 30 kilo's opgetel in die laaste 2 of 3 maande en nou voel ek dat ek meer energiek is en dat my eetlus sterk afgeneem het, jy weet, soos dit altyd was. Darem al so 2 kilo's afgeskud.

Ek besef dit is nie 'n goeie idee om self met die meds te speel nie, maar wraggies, ek voel dat ek dalk self moet inspring as ek optimaal wil leef. Nog 'n ding is ek's soms so verdomp hartseer maar ek kan lankal nie meer huil nie. Dis iets wat ek mis want mens voel mos maar beter na 'n goeie tranedal. Die Camcolit maak van my 'n robot wat maar net smile omdat my gesig nie ander emosies wil wys nie. My siel skree en my hart breek maar die smile sit soos 'n aangeverfde clown face op my bakkies.

Ug.

Niks is op die oomblik soos dit moet wees nie, naamlik, NORMAAL. Ek voel soos 'n flippen alien en voel ek hoort nie hier nie, jy weet? Mense is vir my maar redelik simpel en almal vat mos maar 'n stab na jou as hulle die kans kry. Dagga smaak my sal maar my 'stabilizer' bly. Sad but true. Sad . . . but true.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Champagne
dit is lekker om terug te wees - ek het lekker gerus maar julle maar gemis ook!
Ja die pille kan maar mens se metabolisme lekker deurmekaar krap maar dis bemoedigend as jy darem al begin kilo's verloor het! Die ou lewe is nie vir sissies nie...en op die ou end weet jy as pasient wat regtig vir jou help of nie. Het jy al intensiewe kognitiewe-gedrags terapie ook oorweeg ?
Sien http://www.rcpsych.ac.uk/mentalhealthinformation/therapies/cognitivebehaviouraltherapy.aspx
Ek dink almal van ons het so nou en dan daarvan nodig!!
Sien ook http://moodgym.anu.edu.au/default.asp - oulike program om deur te werk.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement