advertisement
Question
Posted by: Alli | 2007/03/29

Bipolar disorder

Ek hop dr kan help, dit is chaos in ons huis. My dogtertjie van 11 is gediagnoseer met bipolar disorder, haar gemoed verander in minute van oor gelukkig - amper histeries na woedeuitbarstings waar sy almal wil doodmaak tot erge depressie. sy skreeu ure aaneen en dan begin sy sommer histeries lag, sy slaan ons ook as sy so kwaad word. Sy drink tans risperdal en neurotin, wat die situasie nie veel verbeter nie. Vriende nooi ons nie meer oor, of kom kuier nie graag by ons. Vakansies is 'n ramp. Disipline of pakslae werk nie, dit vererger dit net. Sy is ook leergestremd. 3 skole het ons al gevra om haar te verwyder omdat hulle nie haar persoonlikheid en gemoedstoestand skommelings kan hanteer nie. My probleem nou is ek het ander 2 kinders wat baie swaer kry in hierdie omstandighede. Ek het gedink dat ek dalk nou aan die ander 2 ook moet dink en aan ons lewe as gesin en wonder of dit nie dalk beter is dat ons haar iewers in 'n skool vir sulke kinders kan plaas nie, ek weet egter nie of suid afrika aan sulke fasiliteite/skole beskik nie. Dit is my laaste opsie maar dalk ook die beste vir haar. ons weet nie hoe om dit te hanteer nie, die ander kinders wil nie eers vriende oornooi nie, en my ander dogter sit die heeldag in haar kamer. my seuntjie van 8 het totaal onttrek, en klou die heeldag aan my vas, hy is party aande so bang vir sy sussie hy dra sy matrassie tot by my bed. help asb as dr dalk weet van 'n skool of huis wat na haar kan omsien in Pta omgewing.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Clear bipolar disorder at that age is uncommon, so I hope the diagnosis has been made after proper assessment by a child psychiatrist.
Pakslae are understandable attempts by parents to regain control of such situations, but NEVER improve discipline and behaviour. If you can get access to DSTV, check out their series on BBC World, Channel 40, like Supernanny, which ilustrate beautifully simple ways in which behaviour can be transformed in such kids. A local child psychologist ought also to be able to help plan such a system for you.
Maria's suggestion is useful. Sadly, there are far fewer such facilties in SA than we need.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Alli | 2007/03/30

Maria, net baie dankie vir jou hulp. Dit sal gaaf wees as jou vriendin vir my die inligting kan gee. My dogter se sigiater is juis by Denmar, maar hulle akkomodeer nie kinders, indien wel dan moet ons 'n privaat suster huur om na haar omtesien daar. En dit is net tydelik. Ons het ook al vir die oupa en oumas gevra om te help met 'n vakansie of naweek maar hulle sien nie kans. Mens kan dit ook seker verstaan. Ek het my mail nommer probeer insit maar dan wil my reply nie submit, ons kan moontlik geself op die afdeling chat - children with special needs. Weereens baie dankie

Reply to Alli
Posted by: Maria | 2007/03/30

Sjoe Alli, sterkte man. Ek het 'n arbeidsterapeut vriendin in Pretoria wat dink sy het inligting oor 'n skool/versorgingsplek, maar sy het onlangs getrek en sal dit eers moet gaan soek. As jy 'n E-pos adres hier wil los kan ek die inligting vir jou stuur, anders kan ek dit maar hier op die site vir jou gee. My vriendin het wel voorgestel dat julle jou dogter dalk vir 'n paar dae kan laat opneem in Denmar(?) hospitaal as julle saam met die ander kinders wil vakansie hou of net 'n bietjie ontspan.

Reply to Maria
Posted by: Alli | 2007/03/30

Maria, ja hulle kry tans terapie. Die sielkundige se egter dat alles wat sy vermag word weer deur die omstandighede tuis afgebreek. Haar opinie is ook dat die ander kinders (my dogter) glad nie kan hanteer, en hulle voel magteloos. Ek en my man het al oorweeg om dalk uitmekaar te gaan, sodat ons die kinders kan skei, sodat die ander twee net ' normale lewe kan lei. Want op die ou end sit ek met 3 kinders met 'n probleem. Maar ons wil nie uitmekaar want ons het 'n wonderlike huwelik en is baie lief vir mekaar. Maar ons moet ook aan die ander 2 dink. Ek is regtig baie deurmekaar, en weet nie hoe en watter kant toe nie.

Reply to Alli
Posted by: Maria | 2007/03/30

Wat van terapie vir jou ander kinders om hulle bietjie te help?

Reply to Maria
Posted by: Alli | 2007/03/30

Baie dankie vir dr se "reply" asook dankie Maria. My dogter is al jare onder behandeling en is gediagnoseer deur verskeie baie bekende sigiaters in die land. My pa en niggie het ook "bipolar" - familie geskiedenis. Sy was ook verskeie kere gehospitaliseer vir waarneming. Moet asb nie dink dat ek nie meer kans sien vir die situasie nie, maar dit het ernstige gevolge op die ander kinders en ons as familie, ek dink net ek sal ernstige besluite moet neem om vir almal, vir haar inskluis die beste moontlike toekoms te bied. Dankie weer eens.

Reply to Alli
Posted by: Maria | 2007/03/30

Miskien kan jy Meerhof skool -|- ak - www dot meerhofschool dot com
Alhoewel hulle 'n skool is vir leerders met fisiese gestremdhede, sal hulle jou dalk kan verwys na 'n skool wat meer geskik is vir jou dogter.
Sterkte

Reply to Maria

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement