advertisement
Question
Posted by: Cindy | 2008/01/03

BIKINI LYN HET GROOT KNOPPE - HELP ASB.!

Ek het aan die GyneaDoc 'n vraag gevra maar geen antw of ek het maar dit help nie veel nie so ek hoop iemand kan vir my raad gee en help.
Ek is 28 en skeer my bikini lyn. Ek het so ongeveer 8 maande terug knoppe begin kry wat soos puisies/pitswere lyk, die grote van 'n 10c muntstuk. Dit is baie seer en ongemaklik. As ek dit druk gebeur daar niks, dit word net grooter of soms kom daar goed uit. Lyk soos 'n puisie se goed wat uitkom. Ek is baie skaam daaroor en wil nie vir iemand wat ek ken raad vra nie, want netnou dink hulle is was nie gereeld nie, alhoewel ek 2 maal per dag stort. Ek kry een 'n maand of sommer twee. Dit is by my bikini lyn of soms baie naby aan my skaamlippe. Kan iemand vir my sê wat dit is en wat ek kan doen of gebruik.
Ek sal die hulp waardeer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cindy
Dis waarskynlik bakteriele infeksie van die geirriteerde haar follikels. Probeer liewer iets soos Veet as om te skeer. Sit Bactroban salf op die plekke sodra dit begin en bad met 'n antiseptiese seep om die bakteriele lading op jou vel te verminder. Die kiem wat dit veroorsaak is Staph aureus en dit kom normaalweg op mens se vel voor, dit neem net soms bietjie oor!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Y | 2008/01/03

Haai Cindy

Ek kan nie vir jou se wat die probleem is nie, maar ek kan jou help met n bietjie raad. Ek het die ding by Game gekoop. Nie seker wat dit genoem word nie, maar dit is soos n battery aangedrewe "skeermessie" Hy is pienk en klein. Ek gebruik dit vir my bikini lyn, en ek het glad nie uitgeslaan daarmee nie. Ek het wel uitgeslaan toe ek my daar geskeer het. Kyk by die Verimark/Glomail afdeling. Dit werk regtig goed!! Jy skeer net so droog en gooi net n bietjie babapoeier as jy klaar is. Probeer dit, jy sal nie spyt wees nie!!!

Reply to Y

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement