advertisement
Question
Posted by: Karin | 2006/07/17

Beste Ingrid: Hulp benodig asb

Beste Ingrid

Ek het jou aritkel gelees op health24 oor oorgewig en die gebruik van Xenical.

Ek probeer al die afgelope 4 maande ernstig dieet en gewig verloor en is baie desperaat, ek dieet regtig so goed as moontlik en ek verloor dood eenvoudig baie stadig gewig en dis frustrerend.

Ek is 1.56m lank en weeg 82kg en het dus baie gewig om te verloor. Ek volg health24 se weightloss dieet en vind dit maklik, maar ek verloor baie stadig gewig. Ek het in 4 maande slegs 5.2kg verloor.

My vriende se dat ek dalk 'n onderaktiewe skildklier het - ander se weer Xenical is die beste opsie.

Ek weet net nie oor Xenical nie - ek neem nie meer as 30% vet in per dag nie, kan Xenical my reeds bestaande vette verminder en my help om my oorgewig te verloor of is dit slegs om vet in die toekoms te voorkom?

Baie dankie!

Groete
Karin

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Karin
Xenical is 'n uitstekende gewigsverlies produk wat saam met 'n baie lae-vet-dieet gebruik moet word. Aangesien jy so stadig gewig verloor (genoeg om enige mense se moed te laat kwyn), sal ek wel aanbeveel dat jy jou huisarts oor Xenical vra. Vra hom/haar ook om wel jou hormone te toets (die skildklier, en jou insulien om te sien of jy nie dalk aan insulienweerstand ly nie). As jy nie Xenical gebruik nie, maar wel aan insulienweerstand ly, dan wil ek aanbeveel dat jy 'n kliniese dieetkundige spreek (besoek die Assosiasie vir Dieetkunde in SA se Webwerf by: www.dietetics.co.za en kliek op 'Private Practising' om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Die dieetkundige sal 'n dieet vir jou uitwerk wat gegrond is op voedsel met 'n lae glisemiese indeks (GI). As jy so 'n lae-GI-dieet met gereelde oefening kombineer dan behoort jy gewig te verloor en ook teen 'n vinniger spoed (0,5 tot 1 kg per week).
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement