advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/06/26

Besoek aan ER

Dr. Bets, jy is dierbaar, baie dankie :)

Ek het al self daaraan gedink om hierdie tjorretjie van my te stuur vir 'n "engin overhall". Noudat die pype en valves en als in orde is, kort my engin net 'n goeie skoon maak :)

Ek was gou gister aand, met 'n gebed in my hart, na ons Hospitaal se ER - met die hoop dat hulle die aritmie kan vasvang op EKG en HULLE HET! Dit was so weird dat selfs my GP nie iets daarvan kon maak nie en gaan dit vandag vir my Kardioloog faks.

Ek was net geskok oor my BP: waar ek gewoonlik met lae BP sukkel, wissel my BP deesdae tussen 130-149/90-99. Gister aand was my BP 149/98! Ek het hulle amper gestuur om vir die BP masjien nuwe batterye te gaan soek, want dit kan mos nie akkuraat wees nie, toe besef ek: DIS STRESS!

Sal Doc op hoogte hou :)
mwa

Ek het nou maar vrede gemaak daarmee dat ek moontlik weer "time share" gaan moet uitdien in Unitas, maar solank hulle net 'n oorsaak en oplossing kry, sal ek soet-pasient wees.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Jy is heeltemal reg - stress kan jou bloeddruk sommer die hoogte laat inskiet. Ek is nou baie nuuskierig om te hoor wat sê Blommie van die EKG - hy was 'n kliniese assistent by kalafong toe ek so 5de/6de jaar student was - sien hom nou nog in die gange afloop en sy golfswaai oefen as hy dink niemand sien hom nie! Maar dit mag jy nou nie oor-skinder nie!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cornel | 2008/06/26

Dinge gebeur deesdae vinnig in my lewe... Kardioloog wil my more sien en gaan my vir minstens 48-uur monitor. Ek dink dit behoort ons 'n behoorlike prentjie te gee van wat met my tiekertjie aangaan.

Sal laat weet sodra ek terug is.

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement